Vrydagskool….Oukersdag

24 Dec

Ons staan aan die vooraand van Kersfees. Die dag waarop die geboorte van Jesus herdenk word. Vir party is dit ‘n Jesusdag, vir ander dalk weer net ‘n presente-dag, maar my wens, en gebed, is dat dit vir elkeen ‘n “stock-take” dag sal wees.

Wat het ek in 2010 gedoen? Waar het ek iemand gefaal? Waar het ek myself gefaal? Poog ek daarin om die beste mens moontlik te wees? Is ek die tipe mens wat ander moet na streef om na te volg – of ly ek ander oor ‘n afgrond. Was my vlymskerp woorde altyd nodig? Speel ek met mense en hul gevoelens asof die lewe een groot skaakspel is?

My wense, en gebed, is dat die mensdom se vrede, liefde en welwillendheid van ‘n enkele dag, kan oorspoel in elke dag van 2011 in. My wense is dat elkeen ‘n voorspoedige 2011 sal hê, en ek wil vra dat jul ‘n wens hier sal gaan plaas, en sodoende help dat iemand anders ook ‘n voorspoediger 2011 kan hê.

12 Responses to “Vrydagskool….Oukersdag”

  1. Xena Phoenix December 24, 2010 at 8:29 vm #

    Julle laaste onafhanklike Kersfees – volgende jaar is daar n liefie wat eerste aandag gaan soek. Baie geseende Kersfees vir julle. Ek bid julle vrede en liefde toe.

    • demoerin December 24, 2010 at 10:16 vm #

      Dankie jong… onthou, daar is al klaar ‘n 6-jarige in die mix. Hehehehe, en ek geniet elke oomblik van Kers-opwinding saam met haar.

  2. toortsie December 24, 2010 at 9:39 vm #

    Mag Kersfees vir julle al die vreugde inhou wat dit veronderstel is om te doen! mag julle die Prins agter die boom raaksien!! Mooi kersfees!!

    • demoerin December 24, 2010 at 10:16 vm #

      Dankie Toorts. Beste wense aan jou en jou familie ook.

  3. mnr.muller December 24, 2010 at 10:24 vm #

    Hey, demoerin: ek ken jou nie, maar ek wil tog dankie sê vir jou getroue ondersteuning vanjaar, selfs deur die wispelturige vetkrytsketse heen :)

    Alle heil en seën hierdie feesseisoen vorentoe. Op 2011!

    • demoerin December 24, 2010 at 10:57 vm #

      Beste wense! Daardie vetkrytsketse met absolute raakvat-beskrywings sien ek as van my 2010 blog-hoogtepunte!

  4. beyondbelief2 December 24, 2010 at 10:31 vm #

    AG MERRY-MERRY!

  5. BB December 24, 2010 at 3:34 nm #

    Rykste Blessings vir julle gesinnetjie! x

  6. Son December 24, 2010 at 3:54 nm #

    Geseende Kersfees vir jou en Plein en klein Plein en baba DMI/Plein vir more :-)

    • demoerin December 28, 2010 at 8:29 vm #

      :lol: Dankie sonnie. Hoop julle Kersdag was heerlik!

  7. Andrew December 25, 2010 at 6:57 nm #

    Geseende Kersfees en dankie dat jy link na ‘n humanistiese organisasie met geen godsdienstige afiliasie nie.

    Doctors Without Borders

    The organization is committed to bringing quality medical care to people caught in crisis regardless of race, religion, or political affiliation.
    MSF is neutral. The organization does not take sides in armed conflicts, provides care on the basis of need alone, and pushes for increased independent access to victims of conflict as required under international humanitarian law.

    • demoerin December 28, 2010 at 8:29 vm #

      Dit is een van ons groep se organisasies wat in 2011 ondersteun word. Daai mense doen ongelooflike werk!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers