Archive | 8:06 vm

Cowboy Geregtigheid

29 Dec

Sodra ek ‘n link kan opspoor, sal ek hom hier plaas (Link). Vanoggend was daar ‘n berig op Eye Witness News, 702 (Ek skryf nou wat ek kan onthou). ‘n Graad 10 leerling en sy vriend was oppad huistoe laasweek. Die metro/polisie was besig om ‘n voortvlugtige te jaag, en het die outjie as daardie persoon aangesien.

Die jong man is met ‘n rubberkoeël uit ‘n haelgeweer getref in die oog (Hy sê hy was net bloot op geskiet, die metro/polisie se weergawe is dat die haelgeweer afgegaan het toe hulle hom probeer arresteer het). Toe hy op die grond geval het, is hy verder aangerand. Hy is daarna na Chris Hani Baragwanath Hospitaal geneem waar sy oog, en die rubberkoeël verwyder is onder bewaking.

Die jong man is daarna vir nog 3 nagte in selle aangehou (oor Kersnaweek), om sodoende Dinsdagoggend in die hof te verskyn, waar hy natuurlik deur die Magistraat vrygelaat is, omdat hy heeltemal onskuldig is.

Die seun se lewe is vir ewig verander, en al wat die Metro/Polisie kan doen, is om dadelik laer te trek en om onmiddelik die offisier te verdedig, met ‘n weergawe wat duidelik teenstrydig met die van die seun is.

Nou wonder ek net… Is dit die tipe cowboy geregtigheid wat ons mee tevrede moet wees?

Word mense links en regs gearresteer om die Metro/Polisie goed te laat lyk? Hoeveel mense word na naweke in aanhouding net deur die Magistrate op ‘n Maandagoggend vrygelaat? Ons lees atyd van hoeveel mense gearresteer is (en die getalle klink altyd indrukwekkend), maar hoeveel maak dit tot in ‘n hof (of tot in ‘n tronk)? 

Al het die skoot in die onderonsie afgegaan (volgens die Polisie se weergawe), hoe probeer jy iemand arresteer en boei met ‘n gelaaide haelgeweer in die hand (Sekerlik kan dit nie normale prosedure wees nie?) Gaan daar ooit iets met daardie beampte gebeur, of word die “amptelike” weergawe maar net so aanvaar (komende van die Polisie wat ons weet alreeds deurtrek met korrupsie is)?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers