Daar is bitter min mense wat ek nie van hou nie. Ek het mos ‘n keuse. Meng of laat spaander. So maklik soos dit. Ander ding wat ek ook nog nooit was nie is starstruck….. “Jinne, Steve het by die tafel langs my aan ‘n steak gesmul giteraand”. So what! En toe het hy dit vanoggend soos almal van ons uitgekak. Ding is, die celebs kla oor privaatheid, want hulle moet voorgee dat dit hulle pla. Eintlik is dit kak aanjaag en in die publieke oog wees ( en die beriggewing daaroor) wat hulle flieks en musiek verkoop, en hulle televisiereekse se ratings opjaag vir nog ‘n seisoen. Dit is die agtergrond….

Hierdie is een persoon wat ek minder like as ertjies. Ek kon net nog nooit vat aan Oprah kry nie. Ek kan nie verstaan dat miljoene mense oor die aardbol een persoon so slaafs kan navolg, en selfs verafgod nie. Dit gaan oor ratings mense! Ek kan slange vang as mens ‘n gesprek met vriende oor ‘n onderwerp aanknoop, en een van hulle se straaltjie is ” Ja, die ander middag op Oprah…”. En mens kan sien Oprah se gewildheid moet besig wees om te kwyn… eers was dit die mishandeling onthulling, toe die lang verlore halfsuster – volgende gaan sy seker uit die kas uitbliksem en erken sy is ‘n Alien van planeet Oprah in ‘n verre sterrestelsel (en sy sal ‘n hele program daaroor hê, insluitende ’n onderhoud met die Opperhoof van Planeet Oprah, foto’s van haar tuisdorp en scrapbookbladsye van haar jeug (die stadium na kokonpapie-fase)).
Ja, ‘n rags to riches storie is oulik, en wonderlik maar op die ou einde is Oprah ‘n mens soos ek en jy. So ook Steve en Juanita en Bill Gates en Angelina en Brad. Hoe kan jy aan die lippe van iemand hang wat jy nie persoonlik ken nie? Voel jy nie stupid om iemand aan te hang na aanleiding van hulle voorgee glanslewe nie? Dink jy werklik dit wat jy op televisie sien en in koerante lees is die werklike persoon?
Miskien moet ek Oprah persoonlik leer ken, en dan voel ek anders – Nah, ek eet eerder ertjies.
Onlangse ondersteuners: