Archive | 7:40 vm

Voortrekkers Vloek Nie

5 Jan

Die Mense van die Voortrekkermonument is ongelukkig want Tuks FM het Die Antwoord as een van die kunstenaars by hulle Nuwejaarspartytjie gehad.

Kyk, ek sal nou nie myself ‘n huge aanhanger van Die Antwoord noem nie, maar hulle het aanklank gevind by heelwat ander, en ek gun elkeen sy plekkie in die son.

Ek kan nie verstaan wat die monument so heilig maak dat vloekwoorde nie daar gebruik mag word nie. Het die Voortrekkers nooit gevloek as hul wa-wiele oor die Drakensberge gebreek het nie? Het hulle nie ‘n gekruide woord ingegooi as hul voorloper Os morsdood neergeslaan het nie?

Ek kan net nie verstaan wat die hele issue is nie. Tuks FM het betaal vir die gebruik van die area, en was volgens kontrak verantwoordelik vir die programsaamstelling en kunstenaars. Dit het so gebeur dat Die Antwoord een van die was.

Ek dink die Generaal van die Monument moet sy persoonlike opinies vir homself hou, vêr weg van die monument se besigheid. (Ek wonder of hy so perfek is dat hy nooit ‘n gekruide woord gebruik nie?)

Elke geval, die Voortrekkermonument is een van my gunsteling geboue in Suid-Afrika, en ek wil met ‘n oop gemoed in die toekoms nog daarkan gaan staan en vir myself sê – Fokkit, dit is ‘n moerse stuk nice argitektuur. Want dit is. Die Monument is ‘n Suid-Afrikaanse Argitektoniese Erfstuk – Vir Almal – Ja, selfs vir Die Antwoord.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers