Dis altyd goed dat mens aan die begin van die skooljaar bietjie jou klasmaats leer ken. PJ het daarmee begin, en Son het besluit om my uit te daag om in die spotlight te staan…..
Dit werk so: Jy mag my enigiets vra – en ek moet antwoord.
Ek daag die volgendes uit om saam te speel:
Johanna, Merrieperd, Rosa, Jane en Anna
1. Wat is jou gunsteling kledingstuk?
2. Waarin slaap jy?
3. Wat is die onnoselste ding wat jy al gedoen het?
4. As jy enige filmster kon wees, wie sou jy wou wees?
5. Bier of Brandewyn?
1. Ek het hierdie spesfieke wit Levis t-hemp, ek weet nie hoekom nie.
2. In my vel.
3. Ek deurdink alles, so ek kan aan niks dink nie. Ek het wel al een aand in Londen my gat afgevries in my slaapsak op ‘n bankie in Hyde Park. Ons wou voel hoe voel dit om dakloos te wees. Dit is nie lekker nie.
4. Enige ou wat ‘n “love scene” saam met Megan Fox doen.
5. Definitief bier.
My huiswerk is gedoen.
1. Waaroor is jy regtig spyt?
2. As jy kon time-travel sou jy vorentoe of agtertoe gegaan het?
3. Noudat jy ‘n dogtertjie gaan he, wat dink jy van chastity belts?
1. Niks waaraan ek kan dink nie. Dit is maar net my lewensuitkyk – Gister is verby.
2. Definitief agtertoe. Ek is ‘n geskiedenis feitvraat.
3. Overrated
1. Kan ons uitsien na ‘n blogtroue?
2. Sal jy ooit Gauteng se stof afstof vir die Kaapse Wind?
3. Wat is jou gunsteling uitrusting?
4. Wat van Plein maak jou die liefste vir haar?
5. Dra jy onderbroeke met gaatjies?
1. Eendag ja.
2. Nooit nie.
3. Shorts en T-hemp
4. Die feit dat sy, sy is. Die hele “package”
5. Dra nie onderbroeke. My Boksers het almal een groot gat voorin
Ek het nog n paar vrae.
1. Was jy ‘n soet seun op skool?
2. Sing jy in die kar as jy ry?
3. Hoekom is Tafelberg plat?
1. Ek was nog altyd soet (Ek kon goed voorgee).
2. Ek het geen probleem met hardop saamsing nie, jy moet my sien as Bohemian Rhapsody speel.
3. Ek sal daaroor dink……
As Tafelberg nie plat was nie, het die Capies niks gehad om oor te brêg nie.
1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
(a) Mens
(b) besitting
(c) gewoonte
Vir jou:
Wat is die een wens van jou wat nog nooit waar gekom het nie en wat jy amper verseker weet nooit sal waar word nie?
Definitief mens, ek part baie moeilik met die mense in my lewe, juis omdat hul so sorgvuldig gekies word.
Time Travel.
OK, ek het ook misvestaan –
A. My Babelicious
B. Ek sal nie sonder my kar kan oorleef nie
C. Opgee van enige gewoonte is mind over matter, en behoort nie moeilik te wees nie.
1) As jy nou sou kon aftree, waar sal jy gaan bly en hoekom?
2) Wat is jou idee van ‘n goeie aandjie uit?
3) Is daar enige gewoontes van Plein wat jou pla en natuurlik van jou wat haar pla?
4) Is jy ‘n “clean freak”?
5) Is jy ‘n “forgive and forget” persoon, of nie?
6) As die maan nou soos hulle sê van kaas gemaak is, hoekom is daar ‘n man in die maan en nie ‘n muis nie?
Jinne, my selfoon wou nie saamspeel nie – kom ek pobeer my antwoordeonthou -
1. Iewers in die veld met ‘n hangmat gespan tussen 2 koorsbome.
2. Kuier saam met vriende – en dan poeding in die bed.
3. Sien nr. 4
4. Ek dink nie so nie, maar blykbaar is ek verkeerd.
5. Yip, ek dwaal nie in die verlede nie.
6. ‘n Muis sou die maan opgevreet het.
2. Jy praat my taal!!!!
TOP 5 gunstelinge
1. add op tv
2. liedjie in die wereld ooit
3. toilet spry geur
4. ding om tedoen as jy veronderstel is om iets anders te doen
5. spur dis
TOP 5 GOED WAT JOU DIE MEESTE IRRETEER…
1. Ek surf gewoonlik in die ads -Mmmm, Ek like nogal Tata se “swart gevaar” ad.
2. U2 se Where the Streets have no name, en meer onlangs, The Killers se Dustland Fairytale
3. Enigiets wat nie te soet ruik nie, op die oomblik is daar ek dink Glade se Desert iets in die badkamer.
4. TV kyk, selfs Disney Channel re-runs (en daar is BAIE)
5. Ligte in die huis wat onnodig brand, slegte bestuurders, mense wat nie hul werk kan doen nie, skottelgoed wat nie in die kombuis is nie, en mense wat nie ander respekteer nie.
die vorige een was ek… hulle wil nie my regte prentjie gee nie
Toemaar, jy het een van die ouliker monstertjies gekry
Plein se naam pop so baie op dat ek dalk moet oorweeg om my eie blog te begin dat ek self antwoord. Eintlik seker net bang liefie antwoord dit namens my
Hehehehehe. MWAH.
1) Is jy sexy?
(ek sal speel maar ek kan nie waarborg dat ek alles kan antwoord nie, soos my identiteit en watse werk ek doen nie)
1. Watter seksie?
(ons verstaan daai ding)
Ek het net twee vrae:
1) Jou bankrekeningnommer?
2) Jou Pin kode?
Ek weet nie – bel vir Trevor Manuel, hy hanteer my geldsake.
Sexy soos in njamies mens wil op jou vang en soos aan, moet jou nie dom hou nie….