Archive | 7:54 vm

Vrydagskool…Geskiedenis

28 Jan

Jaap van Proosdij is op ouderdom 89 laas week in Pretoria oorlede. Wie was Jaap?

Jaap was ‘n jong advokaat in Nederland gedurende WWII, en daar word geskat dat hy verantwoordelik was vir die red van ten minste 600 Jode uit die kloue van die Nazis, met die maak van vals doopseëls en vervalsing van senior amptenare se handtekeninge om Jode se vrylating te bewerkstellig. In 1951 het hy na Suid-Afrika geimmigreer waarna hy as prokureur gepraktiseer het.

Partykeer voel ek hartseer omdat nie die geleenheid gehad het om ‘n persoon soos Jaap te ontmoet voor hul afsterwe nie. Ek wil langs so ‘n persoon sit, en hulle stories hoor. Die geskiedenis is gepak met karakters wat kleurvolle stories sou kon oorvertel…..

Wie se stories sou jy graag wou hoor?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers