Jaap van Proosdij is op ouderdom 89 laas week in Pretoria oorlede. Wie was Jaap?
Jaap was ‘n jong advokaat in Nederland gedurende WWII, en daar word geskat dat hy verantwoordelik was vir die red van ten minste 600 Jode uit die kloue van die Nazis, met die maak van vals doopseëls en vervalsing van senior amptenare se handtekeninge om Jode se vrylating te bewerkstellig. In 1951 het hy na Suid-Afrika geimmigreer waarna hy as prokureur gepraktiseer het.
Partykeer voel ek hartseer omdat nie die geleenheid gehad het om ‘n persoon soos Jaap te ontmoet voor hul afsterwe nie. Ek wil langs so ‘n persoon sit, en hulle stories hoor. Die geskiedenis is gepak met karakters wat kleurvolle stories sou kon oorvertel…..
Wie se stories sou jy graag wou hoor?

Weet jy wat??? JY gaan eendag NET SULKE LEKKER en interessante stories hê om vir die jongspan te vertel!!
Sit en wonder of ek ‘n oorlog moet gaan join…mmmmm
Jinne! Ek raak sommer demoer… ehhhhmmmm dewetterin
as ek so tik en ALS raak net weg 
)

Na my hele ou relaas oor my Opa en my daddy se outobiografië (van my kosbaarste besittings) gedruk, gebind, geindex, familiewapen voorop en elke ding – met die awesomste stories daarin – en hoe (outo)biografië seker van my gunsteling leesstof is – ek praat nou van mense wat saak gemaak het (en natuurlik tel my voorsate onder hulle, omdat ek nie sou gewees het sonder hulle nie
Ek het ‘n kollega se pa ontmoet ‘n paar jaar terug tydens ‘n braai en man, kon daai oom sy storie vertel (hy was in die Sahara tydens WWII – die kleinste detail aan sy storie was die lekkerste dele) – en die domdr*l (laatlam) van ‘n kollega was heel wipperig vir sy pa wat alewig “al my kuiermense met sy ou stories verveel”
Verlede jaar was ek by die begrafnis van einste oom… domdr*l besef duidelik steeds nie sy groot, groot verlies nie
Skryf joune ook – voor jy eendag vergeet!
Ooooo, jy is gelukkig om daai boeke te hê! Klink soos heerlike leesstof.
Jis, maar ‘n moewiese klomp!
Voorwaar ‘n interessante karakter. Dit is jammer dat dit dikwels iets soos oorlog vat om ‘n gewone iemand merkwaardig te maak.
Baie waar, en baie sad.
Ek wil met soveel van die atlete wat deelneem aan die IPC atletiek byeenkoms in NZ sit en chat. Ek dink ek kan baie leer. Oh en ek sal graag iemand wil ontmoet wat vliegtuie skoonmaak, vir een of ander rede dink ek daar is stories
Vliegtuie skoonmaak? Mmmmmm, watse tipe stories?
Mile high stories
NEEEEEE!!!! Mile High stories waar die skoonmakers van die vligtuig van gaan weet?
horror!!