Die Egiptenare beplan ‘n 1 miljoen persoon sterk protesaksie vir vandag. Die mense is dik vir hulle President, en soek ‘n nuwe een.
Dit is goed en wel om mense in 2011 in massas bymekaar te kry vir ‘n bewusmakingsveldtog. Dink byvoorbeeld aan Sisters with Blisters. Dit plaas ‘n kollig op die saak.
Deur die geskiedenis heen is dit egter duidelik dat mense in ‘n massa opgesweep kan word vir ‘n doel. Dit is ook makliker om ‘n samehorigheidsgevoel onder ‘n groep te bewerkstellig. Die leier praat ‘n paar sinne van inspirasie, en die massa sorg vir die res.
Vir my lê die probleem egter by die punt of dit vreedsaam kan bly. Kan ‘n vreedsame massaprotes van 1 miljoen mense ‘n werklike verskil in Egipte maak? Ons is al verby bewusmaking. Almal weet wat aangaan, en hulle weet verseker wat hulle wil hê.
Dink byvoorbeeld aan die onlangse stakings van munisipale werkers in Suid-Afrika, en ook protesaksies in Griekeland (om maar net twee voorbeelde te noem). Hier praat ons maar van ‘n paar honderd, miskien ‘n duisend mense – en dit draai elke keer millitant uit met beserings, eiendombeskadiging en selfs dood.
Kan 1 miljoen mense ‘n vreedsame optog hou, wat die doel gaan dien wat die mense van Egipte voor vra?
Is dit Walk Like An Egyptian, of Die Like An Egyptian?
Onlangse ondersteuners: