Ek is so bietjie meer ‘n fan van die skop, skiet, boomklim en bliksem movies. Gooi ‘n paar emmers vol bloed en bietjie gruwel in die mix, en ek is so happy soos ‘n ANC ledekaarthouer wat hierdie week uitgevind het hy het ‘n Hemel-vrypas gekry.
Maar terug by die romanse. Volgens Channel24 het hulle gestem, en is hierdie toneel as die mees romantiese ooit gestem.
Net-net in tweede plek was die toneel in Love Actually waar Andrew Lincoln sy ewige liefde deur middel van signs aan Keira Knightly verklaar het… die res van die top 10:
- Ghost se pottebakkerswiel toneel. Ek kon sedertdien nie na Unchained Melody luister sonder om vlieënde stukke klei voor my oë te sien verbyvlieg nie.
- The Notebook – the writing scene (ek weet nie)
- Pretty Woman – Finale stuk waar die “ridder” die leer uitklim. 1,2,3… AAAAAAHHHHHH
- Dirty Dancing – Nobody puts Baby in the corner toneel
- Sleepless in Seattle – Finale Empire State Building toneel. Ek het diemovie gekyk. Dit was heel moontlik nie te impressive vir my nie, want ek onthou dit glad nie.
- Lost in Translation – Finale fluister toneel. Selle as bo, onthou fokkoli.
- An Officer and a Gendleman – Onthou ook nie veel nie, maar die ”final factory floor scene” beskrywing laat my gedagtes los op ‘n gallop….
- Casablanca – Soen Toneel. Weet ook nie – maar is daar regtig net een keer in die movie gesoen?
Is jy ‘n sucker vir ‘n romantiese fliek? Stem jy saam met die lys… of is daar ‘n ander toneel wat jy naby aan die hart koester?

Onlangse ondersteuners: