Ek glo…

16 Feb

Ek glo dat nige iemand wat ‘n salaris van die staat af kry, moet ‘n meriete verhoging kry. Jy moet kry wat jou werk werd is, en nie omdat jy saam met jou kollegas mooi gesing en toyi-toyi het nie. Dit sal al klaar diens verbeter.

Ek glo (verstaan) ons land is blykbaar ‘n demokrasie. Siende dat ons ‘n demokrasie is, wil ek geken word in besluite wat my nog ekstra geld gaan kos. As die motoriste op Gauteng paaie geweet het die wonderlike padverbeterings gaan hulle so baie geld kos, is ek verseker sou hulle in ‘n referendum “NEE” gesê het.

Ek glo daar moet ‘n onafhanklike tenderraad wees. Mense met die nodige kennis van buite, en onafhanlik van elke staatsdepartement moet besluit wie tenders kry.

Ek glo enige land wat bereid is om matriekuitslae aan te pas om op een of ander manier beter te lyk, is besig om hul eie neuse af te sny om hul gesigte ‘n toffee te gooi. Dis idioties. Onderskeidings is nie meer wat dit voorheen was nie.

Ek glo dat in ‘n land met ‘n 25% werkloosheidsyfer jy moet dankie sê as jy ‘n werk het. Ek glo dat wette die vrot appels in die werkplek minder moet beskerm. As jy nie nakom wat jou aanstellingsvereistes verwag nie, moet jy onder jou vrot gat geskop word. Daar is genoeg werkloses wat kan probeer.

Ek glo dat as jy vir die afgelope 17 jaar al leë beloftes opgevreet het, jy nie die reg het om voor my deur te kom huil, of om simpatie van my te verwag nie. Jou lewe is dikwels die nagevolg van jou eie besluite. Live with it.

Ek glo dat ministers en ander staatsamptenare wat uitgeskop word omdat hulle nie hulle werk gedoen het nie, of omdat hulle met hulle vingers in die tils gevang is vervolg moet word. Om as ambassadeur iewers aangestel te word kos die land net nog geld vir iemand wat ‘n nul op ‘n kontrak is. As jy nie jou werk gedoen het nie, het jy jou salaris “gesteel”. PUNT.

Ek glo dat die President en Ministers dink ek is ‘n poephol (of hulle weet dalk die wat aan hul lippe hang is?). As jy iets gesê het aan verslaggewers, of dit is op kamera vasgelê – en dit is so duidelik soos daglig wat jy gesê het, gaan dit nie help om vir my te sê die konteks is verkeerd verstaan, of erger, jy het dit nie gesê nie. Die enigste een wat lyk soos die poephol, IS JY!

Ek glo sportuitdunne op skoolvlak moet soos in die goeie ou dae verpligtend wees. Ons sit met ‘n generasie oorgewig kinders, en net omdat die Parlement almal uit hul nate uitbars, beteken dit nie dat dit iets is om na te streef nie.

Ek glo dat sekere mense eerder hul monde moet hou, om sodoende hul tekortkominge weg te steek (ek glo ook mens moet nie alles glo wat jy in die nuus lees/hoor nie). Om iets te glo, voor jy dit geverifieer het, en dan konserkkaartjies op grond daarvan in ‘n rivier in te gooi, maak jou net soos ‘n aap lyk. Die ander 99,999 mense was nog steeds by U2, net jy was missing Steve.

Ek glo dat mense wat sit en drink by die huis, se fone weggevat moet word voor hulle inbel Superrugby toe. Nommer 13 kan nie die beste vleuel ooit wees nie, want hy is ‘n senter. Suid-Afrika kan ook onmoontlik 2 spanne in die Drienasies finaal hê. Drunk-dial is ‘n EUWEL!

Ek glo dat my belastinggeld beter aangewend kan word.

Ek glo dat Geloof en Politiek nie om dieselfde etenstafel hoort nie.

TOG…

Ek glo ek bly in die mooiste land in die wêreld. Daar is nie nog grond in die wêreld wat onder my voete voel soos die van Afrika nie. Daar is nie nog lug wat so blou is, of branders wat so slaan teen rotse nie. Miskien is ek ook maar ‘n poephol omdat ek aanhou hoop?

12 Responses to “Ek glo…”

  1. Jan Twak February 16, 2011 at 11:33 vm #

    Ek glo ek stem punt vir punt saam,

    • demoerin February 17, 2011 at 7:44 vm #

      Wens net die massas wil ook wakker skrik.

  2. Flintie February 16, 2011 at 1:06 nm #

    Dmi!!!!

    Ek het jou gemis my ou! Net om te sê ek is terug in die blog wêreld, en hoop jy kom loer so nou en dan weer in. Lekker gelees matertjie!

    • demoerin February 17, 2011 at 7:45 vm #

      Welkom terug in blogland.

  3. PlaasJuppie February 16, 2011 at 3:11 nm #

    Dalk moet ons maar begin om die woord glo te vervang met die woord hoop, want ek dink nie die mense wat eintlik hier moet lees is van dieselfde geloof nie.

  4. Son February 16, 2011 at 3:44 nm #

    Dan is ek maar ook ‘n poepol so saam met jou ;-)

  5. Xena Phoenix February 16, 2011 at 6:22 nm #

    Sal dit nie lekker wees om net af en toe twee sotte se koppe teen mekaar te kan kap nie? Dalk kry hulle dan rigting.

    • demoerin February 17, 2011 at 7:44 vm #

      Of ‘n manier kry om hulle breine uit hul vacuum-packaging uit te haal.

  6. toortsie February 17, 2011 at 8:20 vm #

    My antwoord punt vir punt: ek stem ek stem ek stem….
    Ek hou die meeste van die heel laaste punt!!

  7. Charms February 23, 2011 at 1:04 nm #

    Ek glo punt vir punt saam met jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers