Net omdat dit Vrydag is, en Superrugby vandag afskop, en die Krieket more afskop gaan ons bietjie pret hê met liedjie titels.
Die game werk so:
- Vra my een, twee of sommer vyf vrae.
- My kreatiwiteit word beproef, want my antwoord moet die naam van ‘n Afrikaanse of Engelse liedjie wees.
LET THE GAMES BEGIN….
En net omdat ek in so ‘n goeie bui is, daag ek vir Toortsie, JanTwak, Son en Xena uit om dieselfde te doen (en sommer enige ander een wat wil saamspeel)… wat is skool dan nou sonder huiswerk?
Sjoe!!! Ek was SO opgewonde toe ek ‘n “tag” sien!!! Maar dis ‘n MOEILIKE een!!!! oraait. sal probeer. Nie vanoggend nie, want ek sal moet wikkel in my kantoor, maar so na vanaand se kant…
1. Toe daai sot laasweek reg voor jou inswaai, toe is die eerste gedagte wat by jou opkom…?
2. Toe jou geliefde vir jou die nuus vertel/die twee strepies op die stokkie wys…?
3. Toe toe span verloor in die Curriebeker/Super14/FA Cup finaal…?
4. Jou baas vra jy moet na sy kantoor toe kom in daai stemtoon…?
5. Waterval Boven, halfpad teen ‘n krans op, ‘n moeilike stukkie om ‘n oorhangende rotslys. Wanneer jy opkyk sien jy hie die vesels van die tou waaraan jy hang vinnig begin uitrafel teen ‘n skerp klip…?
1. Highway to Hell
2. Great Balls of Fire, en toe You Raise Me Up
3. Song Sung Blue, en toe Red Red Wine, en toe Crying
4. Blah Blah Blah
5. Standing on the Edge
Nogal pret, moeilik, maar pret
Cool songs
LOL @ GBoF!!!!
1. Wie is jy?
2. Wat wil jy in die lewe hê?
3. Waarvoor wil jy onthou word?
4. Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het?
5. Die eerste ding wat jy vir jou liefie sê wanneer jy wakker word?
6. Jou planne vir die naweek?
7. Wat is jou alter ego se naam?
8. Wat verskaf jou die grootste plesier in die lewe?
9. Beskryf jou lyf.
10. Wat moet eendag op jou grafsteen staan?
1. The King of Wishful Thinking
)
2. Almal wil ‘n huisie by die see hê
3. Fight for your right to party
4. Smile like you mean it
5. Liefling
6. Bloubul
7. Mack the Knife
8. Sowing the seeds of love (
9. The long and winding road (bwahaha)
10. 18 Till I Die
Skerp! (Ek het ‘n Afrikaanse vertaling van Mack the Knife geskryf – vir die fun of it… vir ‘n spesifieke rugbyspan
)
my mond hang oop.
En as jy hom toekry….gaan jy ‘n vragie of 5 vra?
1. Hoekom rook jy?
2. Hoeveel kinders wil jy hê?
3. Wat dink jy daarvan om in die reën te dans?
4. Hoe sien jy die toekoms van Suid-Afrika?
5. Wat is een van jou groot begeertes?
1. I’m going slightly mad
2. Kinders by dosyne (bwahahaha)
3. Fun, Fun, Fun
4. Gly op die reënboog, ry op die wind
5. I’d like to teach the world to sing
1. Beskryf jou eerste liefde?
2. Wat is jou gunsteling snack?
3. Waarin het jy al ‘n medalje verwerf?
4. Wat is jou drug van keuse?
5. Wat is die lied in jou hart vandag?
1. She wore an itsy bitsy teeny weeny yellow polka dot bikini.
)
2. Candyman
3. Strip for me babe, strip for you (
4. Pour some sugar on me
5. I believe I can fly
1. wyse politieke woorde
2. beskryf jou persoonlikheid
3. eish….?
4. vakansie bestemming
5. raad wat jou ma vir jou gegee het
1. We all stand together
2. Don’t Worry, Be Happy
3. Man on the Moon
4. Kokomo
5. Bridge over Troubled Water
Oh maar ons is skerp vandag
1)Wat is 100000000 x 1000000000?
2)Wat het Napoleon vir Josephine gese voor Waterloo?
3)Wat het hy vir haar gese na Waterloo?
4)Waar is die Krugermiljoene?
1. Ek ryk na die sterre.
2. Who wants to live forever, en toe Bootjie na Kammaland.
3. Going down in a blaze of glory, en toe Islands in the stream.
4. Under the sea
Lekker speletjie
1. Gaan jy oorleef in ‘n pienk huis vol meisies?
2. Julle gaan ‘n bietjie uit vanaand – wat hoop jy het Plein besluit om te dra?
3. Wat gaan deur jou gedagtes as jy dink aan SA?
4. Gaan jou rugby span die beker wen?
5. Gaan jy saam jou meisies pop speel en teepartytjies hou?
6. Iemand mors rooi wyn op jou wit mat. Wat is jou eerste gedagte?
7. Jy kyk rugby – jou span is agter met 2 punte. Dis die laaste twee minute van die game. Eishkom besluit om die krag af te sit en jy sê?
8. Jy stamp jou toon teen die koffietafel se poot – eerste woorde?
9. Jy’s in die kraamsaal saam Plein en die dokter sê “wag, daar is nog ene”?
10. Jy beplan ‘n surprise naweek weg. Julle kom by die hotel, jou bespreking reflekteer nie op hulle rekenaars nie en hulle het geen kamers beskikbaar nie?
1. Living on a prayer
2. Lady in Red
3. Scatterlings of Africa
4. We are the champions
5. Teddiebear’s Picnic
6. Murder on the Dancefloor
7. Killing me softly
8. Crash Boom Bang
9. Born to run
10. Kumbaya
julle is baie slim!!!
Watter song ken jy oor die Overberg???
en o ja, ek het my huiswerk gedoen!!
O brandewyn laat my staan
Sorry julle… my foon en internet wou nie lekker kommunikeer die naweek nie… veral nie as my reply meer as 2 woorde was nie
… kom ons probeer weer…
Jy sal ‘n ander song vir die Overberg moet kry!! Ons verbou BIER!!! nie brandewyn
Ag tog……
De Walvis
Miskien Suikerbossie, ek is seker daar is proteas teen die hange van daardie berge.
10 uit 10!!!
My huiswerk is gedoen *SUG*
LOL baie oulik DMI, sommer super!