Ek sal op die eerste Virgin Galactic Vlug wees. Ek gaan die vlug highjack, en vra om by die maan afgelaai te word. Daar aangekom gaan ek die maan annekseer en myself aanstel as Opperhoof Koning en Lewenslange President van die Demokratiese Diktatoriese Republiek van die Maan (Maan vir kort).
Ek sal persoonlik keur wie grond daar mag besit (enige politikus word onmiddelik afgekeur, en enigeen wat kan bewys dat hy persoonlik betrokke was by die “verdwyn” van Robert Mugaab en Brother Leader kry verniet grond), en ook persoonlik goedkeuring gee vir die wat wil voortplant (ek het al genoeg te doen gehad met dom en stupid mense op aarde). Ek sal persoonlik die ouers oplei oor hoe om hul kinders te onderrig in die basiese hoekstene van menswees. Van daardie ouers sal ook betrokke wees by onderwys.
Die doodstraf sal ingestel word. Die eerste persoon wat gevang word met bloed op die hande, word sommer as laksman aangestel aangesien hierdie persoon geen gewetensprobleme sal hê nie. Die mense wat steel word summier teruggestuur aarde toe, en in die Gaza-strook afgelaai met ‘n “Ek haat Palestina” bord om die nek.
Bevolkingsgetalle-beheer sal toegepas word om sodoende alles verniet te kan hou binne die jaarlikse begroting. Die Maan se inkomste sal gegenereer word deur die aanvanklike grondverkope, toerisme……
……. en die maandelikse fakturering van elke land met ‘n kuslyn vir die getye.

Onlangse ondersteuners: