Ek sal op die eerste Virgin Galactic Vlug wees. Ek gaan die vlug highjack, en vra om by die maan afgelaai te word. Daar aangekom gaan ek die maan annekseer en myself aanstel as Opperhoof Koning en Lewenslange President van die Demokratiese Diktatoriese Republiek van die Maan (Maan vir kort).
Ek sal persoonlik keur wie grond daar mag besit (enige politikus word onmiddelik afgekeur, en enigeen wat kan bewys dat hy persoonlik betrokke was by die “verdwyn” van Robert Mugaab en Brother Leader kry verniet grond), en ook persoonlik goedkeuring gee vir die wat wil voortplant (ek het al genoeg te doen gehad met dom en stupid mense op aarde). Ek sal persoonlik die ouers oplei oor hoe om hul kinders te onderrig in die basiese hoekstene van menswees. Van daardie ouers sal ook betrokke wees by onderwys.
Die doodstraf sal ingestel word. Die eerste persoon wat gevang word met bloed op die hande, word sommer as laksman aangestel aangesien hierdie persoon geen gewetensprobleme sal hê nie. Die mense wat steel word summier teruggestuur aarde toe, en in die Gaza-strook afgelaai met ‘n “Ek haat Palestina” bord om die nek.
Bevolkingsgetalle-beheer sal toegepas word om sodoende alles verniet te kan hou binne die jaarlikse begroting. Die Maan se inkomste sal gegenereer word deur die aanvanklike grondverkope, toerisme……
……. en die maandelikse fakturering van elke land met ‘n kuslyn vir die getye.

Tata toedels bye veilig reis en lekker bly!
Ek neem aan jy dink dis nie ‘n goeie idee nie liefie?
Nee wat, heeltemal te voorspelbaar. My bloubul hemp sal dan net n weird fasion statement wees. Geen meer sarkastiese antwoord vir die 100ste een wat vir aanwysings vra Universiteit van Pretoria toe nie. Geen meer koffie op n Saterdag oggend terwyl die son opkom en die wereld se probleme opgelos word nie.
Ek luv die rekeninge wat jy gaan stuur vir die getye! Amerika gaan jou kom bom!
kan ek ‘n joppie daar kry?
Yip, jy kan kinders onderrig…
Klink asof jy lank en hard gedink het hieroor.
Ek dink altyd hard oor alles.
Ek weet net een ding – ek gaan SAAM!
Ek was sommer met die eerste sin al opgewonde, maar toe begin die tye teen my tel…..
1. Ek weet nie of ek dit sal regkry om oom Robert te laat verdwyn nie….
2. te oud vir aanteel…
3. Rosa het klaar die onderwyspos wat ek op gehoop het. AI!!!
4. Maar ek het ‘n plan!!! Julle het ‘n mal musikant nodig om te sorg dat die kultuur en kunste lewendig bly op die maan. En sonder sang gaan julle almal depressief raak! ek kan ‘n kitaar en blokfluit maklik inpak en as jy jou vuvu het en Son haar klein kitaartjie… MANNE! DIT RAAK PRET!!
5. Mag ek maar in elk geval saamgaan? Ek love toer!
Daar is plek vir musiek.
ek het die saak nou weer oordink. Dalk moet ek hier bly en net gereeld daar kom kuier!!
lol!
Ek wou sê “…teen die voorkop vasgespyker”, maar was bang ek kom geweldadig voor.
Ek wil saam… ek wil saam!