Vrydagskool…Geskiedenis101

25 Feb

Hierdie is die kiekie van ‘n Van Gogh, nie Vincent nie, maar sy jonger broer Cornelius (Cor). In die jaar wat Vincent selfmoord gepleeg het, het Cor Suid-Afrika toe gekom, saam met ‘n groep van ongeveer 6,000 ander Nederlanders om treine te bou, asook te help met die bou van die Pretoria – Lourenzo Marks treinspoor.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Cor by die Hollanderkorps aangesluit om saam met die Boere te veg as ambulansbstuurder. Hy is egter deur die Britse magte gevange geneem in Maart 1900 naby Kroonstad. Hy het siek geword en is verplaas na ‘n hospitaal in Brandfort, waar hy op 14 April 1900 gesterf het. Hy is hier in ‘n ongemerkte graf begrawe.

Daar was ‘n skietwond in sy liggaam, en daar word geglo dat hy nes sy broers, Vincent en Theo ook selfmoord gepleeg het. Hy was 33 jaar oud.

Daar is natuurlik ook ‘n conspiracy theory…. dit blyk uit briewe deur die jare tusse die drie broers geskrywe, dat Cor heel moontlik van Vincent se sketse, selfs ‘n skildery of twee by hom gehad het toe hy Suid-Afrika toe gekom het…. iewers sit iemand dalk met ‘n Van Gogh in die solder van ‘n beskeie Nederlandse Zuid-Afrikaanse Spoorweg Maatsappij huisie naby Germiston…..

Tags: , , ,

7 Responses to “Vrydagskool…Geskiedenis101”

  1. leonvonmoltke February 25, 2011 at 11:30 vm #

    Ek hou van sulke conspiracy theories :-)

  2. Vlam February 25, 2011 at 2:12 nm #

    Haai, nee! Brandfort, van alle plekke! Dis nou baie interessant, DMI. Wie sou nou kon dink? :shock:

    • demoerin February 28, 2011 at 7:09 vm #

      Ek dink hierdie verg bietjie nadere ondersoek daar van jou kant af…..

  3. Anna February 26, 2011 at 8:23 vm #

    Vincent se broer hier in SA… dis nou interessant. Dankie vir hierdie brokkie inligting. Ek verwonder my keer op keer oor wie almal ‘n draai hier by ons gemaak het en dan dink sommige mense geskiedenis is boring!

  4. boerinballingskap February 26, 2011 at 10:08 vm #

    Baie interessant – nie dit geweet nie!

  5. Xena Phoenix February 28, 2011 at 8:17 vm #

    WOW!!!

    Om te dink dit lê dalk onder ‘n spul rommel waarvoor iemand te jammer is om weg te gooi. Erger, iemand het dit tot rommel verklaar en verbrand. Daar het mos so ‘n paar jaar ‘n paar Van Gogh’s iewers op ‘n solder uitgepeul iewers in Europa. Dit is nie ontmoontlik nie . . . .

    Sien julle nou hoekom moet ‘n mens opgaar?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers