Archive | 11:32 vm

WEW… 0103 van 2011

1 Mar

Ek sug net, en kan net my kop skud as mens lees van die miljarde dollars wat uit Afrika lande deur Diktators gebuit word. Toe die president van Tunisië gevlug het, het hul miljoene dollars in kluise in sy kantoor gevind.

Ek lees die seun van Ekwatoriaal Guinee se diktator het vir hom ‘n $360miljoen seiljag bestel. Hy het al ‘n huis in Malibu, $30miljoen en ‘n vliegtuig van ongeveer dieselfde waarde. Dis nou uitgesluit sy sportmotors. Wat ek wel by hom wil leer is hoe om jou rande te rek – want hy verdien ongeveer $6,700 per maand as Minister van Landbou…..

Nou wat ek wonder – Is die geld wat op regmatige wyse deur jou konneksies gemaak word in die ander sogenaamde demokrasië van die wêreld nie maar een en dieselfde ding nie?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers