Archive | 7:28 vm

Ek, Die Domino

10 Mar

Sorgvuldig word ons geplaas. Elkeen versigtig op sy plek. Die ry is nie noodwendig reguit nie. Partykeer is daar ‘n kinkel. Jy bevind jouself op ‘n plek met ‘n rede – versigtige beplanning en versigtige plasing.

Domino Soldaatjies in ‘n ry.

Die eerste domino gaan getik word? Wat as jy die domino is wat getik gaan word om die domino effek in mosie te sit? Wat van as jy die keuse het om die eerste domino te wees?

Alles wat ons doen, en alles wat ons sê het ‘n invloed op die ander persoon of persone betrokke. Dit is alles die begin van ‘n domino effek, en ek, en jy, het ‘n keuse of dit positief of negatief gaan wees.

Maak ‘n deurdenkte poging om te verseker dat die domino effek wat jy in werking sit, positief is.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers