Archive | 8:10 vm

As jy skrik….

15 Mar

…skrik tog net wakker. Mens kom dikwels in aanraking met die sêding: As dit te goed lyk om waar te wees, dan is dit heel moontlik so.

Bekyk die storie weer so gisteraand op Carte Blanche Extra, waar die meeste van die klaers dikwels met ‘n slap riem gevang is, of waar ‘n wonderlike winskopie uitgedraai het as ‘n kat in die sak.

Ek sal nie eers my gesig op TV sit as ek hulle is nie. Ek sal te skaam wees. Wanneer gaan mense wakkerskrik? Wanneer gaan mense besef ons bly nie in Utopia waar almal eerlik is nie?

‘n Top-of-the-range nuut-vrygestelde kamera wat 50% goedkoper as die winkel is, ruik mos na vrot vis? Hoe de bliksem betaal jy 90% van die verfwerk-kwotasie voor die man ‘n enkel verfstreep op jou mure gesit het? Laas week was daar mense wie se BMW al vir meer as 5 jaar by ‘n handelaar was om reggemaak te word – Hoe kan jy jou kar vir 5 jaar goedgelowig daar los terwyl jy versekering en paaiemente betaal – en dan nog daaroor wil kla. Nee bliksem, dit is uiterste stupidity.

Ons lewe in ‘n tyd van moderne tegnologie. Dit vat minder as ‘n minuut om daai naam te google en na te vors. Snaaks genoeg hoe dit elke keer Carte Blanche se eerste stap is, en hoe hul 90% van die kere klaar negatiewe inligting op Hellopeter opspoor.

Is mense net stupid? Is hulle net te goedgelowig? Al wat ek kan sê is welkom in die realiteit. Kyk as jy wil dom wees, moet jy seker dan voel…. en dan sit jy nog jou gesig op die TV sodat almal kan weet jy is dom.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers