Vrydagskool…Skinderhoekie

25 Mar

OK, so het tannie Liz toe nou uiteindelik haar laaste asem uitgeblaas. Ek sou sê 79 is nie sleg vir iemand met soveel mans, elke denkbare alkoholiese drankie en drug op jou kerfstok nie. Snaaks genoeg was sy wel groter as groot (nie in size nie) en het hierdie manewales blykbaar net nooit saakgemaak nie…

Nou vir die skindernuus. Het julle geweet?

Haar eerste man was mos ‘n Hilton. Yip, van die hotelgroep faam. Nou dit laat my aan twee dinge dink – Dit is ongelooflik dat ‘n formidabele vrou soos Dame Liz en ‘n loskop wannabe soos Paris ‘n van eentyd gedeel het, maar nou terug na die skindernuus.

Die einste Meneer Hilton het in sy dae ‘n seksuele verhouding met sy stiefma gehad. En ja, sy pa en stiefma was toe nog getroud. Raai raai wie die stiefma was? Die einste Zsa Zsa Gabor!

Dit blyk hierdie celebs is dalk meer connected as die Italiaanse Mafia.

Enige skinder wat jy dalk wil deel?

8 Responses to “Vrydagskool…Skinderhoekie”

  1. Xena Phoenix Maart 25, 2011 at 8:30 vm #

    Tannie Tina, Tannie Cher en Tannie Julie skop nog ‘n verskriklike groot stofwolk op. ;) Niemand wonder of hulle al dood is nie.

    Met die aantal inteling in die Britse koningshuis, is hulle enige genetikus se droom.

  2. toortsie Maart 25, 2011 at 10:33 vm #

    jy maak my kop deurmekaar op die vrydag…
    en ek dog dis net in ONS familie wat ons so erg ingetrou het!!

  3. Vlam Maart 25, 2011 at 11:38 vm #

    Bach se owerspel in Beethoven se flat. Hmmmm… :lol:

  4. Son Maart 25, 2011 at 12:16 nm #

    :lol: @ Vlam

    Ek dink Liz Taylor was een van die mooiste vrou ooit, g’n wonder sy het so gemaai onder die mans nie :twisted:

    Ek het ‘n tannie wat baie soos sy lyk ;-)

    • demoerin Maart 25, 2011 at 3:28 nm #

      Het jou tannie ook so baie geld?

      • Son Maart 25, 2011 at 3:42 nm #

        Nie heeltemal nie ;-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers