Daar word hordes nuwe metropolisie motors aangekoop, en net soveel nuwe beamptes aangestel. Die minister sê hy wil teen 2014 sterftes op die paaie met 50% verminder. Alles goed en wel….
Maar waaroor ek wonder is of dit help om nog metropolisie op die paaie te hê as die bestuurders nie kan bestuur nie. Daar is blykbaar nogal min toetsstasies in Gauteng waar jy ‘n lisensie gaan kry, as jy nie ietsie ekstra aan die beampte betaal nie (en ons praat hier van hulle vra reguit daarvoor) - wat ook natuurlik andersom werk – as jy betaal kry jy jou lisensie, en dit maak nie saak of jy kan bestuur nie.
Hulle dink net nie aan die nagevolge wat so ‘n verkoopte lisensie veroorsaak nie. ‘n Lisensie om ‘n kar te kan bestuur, verg dieselfde verantwoordelikheid as ‘n vuurwapenlisensie. Beide is dodelike wapens in die hande van die gebruiker.

Onlangse ondersteuners: