WEW…(10.01 x 3) van (2001+(5×2))

30 Mar

Daar word hordes nuwe metropolisie motors aangekoop, en net soveel nuwe beamptes aangestel. Die minister sê hy wil teen 2014 sterftes op die paaie met 50% verminder. Alles goed en wel….

Maar waaroor ek wonder is of dit help om nog metropolisie op die paaie te hê as die bestuurders nie kan bestuur nie. Daar is blykbaar nogal min toetsstasies in Gauteng waar jy ‘n lisensie gaan kry, as jy nie ietsie ekstra aan die beampte betaal nie (en ons praat hier van hulle vra reguit daarvoor) - wat ook natuurlik andersom werk – as jy betaal kry jy jou lisensie, en dit maak nie saak of jy kan bestuur nie.

Hulle dink net nie aan die nagevolge wat so ‘n verkoopte lisensie veroorsaak nie. ‘n Lisensie om ‘n kar te kan bestuur, verg dieselfde verantwoordelikheid as ‘n vuurwapenlisensie. Beide is dodelike wapens in die hande van die gebruiker.

10 Responses to “WEW…(10.01 x 3) van (2001+(5×2))”

  1. leonvonmoltke Maart 30, 2011 at 8:48 vm #

    Die beste is die nuwe “super” spietkops, wat blykbaar nie omgekoop sal kan word nie, omdat niemand hulle ken nie! Eish!

    • demoerin Maart 31, 2011 at 7:36 vm #

      Blah blah blah…..so sê hulle.

  2. Xena Phoenix Maart 30, 2011 at 9:02 vm #

    Net ‘n verskoning vir nog groter boelies.

  3. PlaasJuppie Maart 30, 2011 at 10:44 vm #

    As jy bloot ‘n pleister oor die vrot plak, kan niemand dit mos sien nie, of hoe? Probleem is dat jy een of ander tyd uit pleisters uit gaan raak.
    Laat ek sien of ek die storie reg het. Aan die begin was daar polisie en verkeerspolisie. Toe word metropolisie geskep om eersgenoemde by te staan met hulle pligte in metrogebiede. Toe word die skerpioene geskep om die “watchers the watch” en korrupse uit te roei, maar hulle doen hulle werk te goed en hulle angels word gepluk en vervang met valke sonder kloue. Nou word super spietkops geskep om korrupsie in verkeersdepartement hok te slaan.
    Ek is wragtag confokulated, want dit voel vir my asof hier in sirkels gehardloop word.

    • demoerin Maart 31, 2011 at 7:36 vm #

      Mens kannie verstaan nie, al probeer jy ook hoe.

  4. Vlam Maart 30, 2011 at 3:40 nm #

    Jis. In watter provinsie bly julle nou weer? :shock:

    • demoerin Maart 31, 2011 at 7:38 vm #

      Ek wil sê die mees korrupte een…maar kom on sê eerder die rykste een :lol:

  5. BB Maart 31, 2011 at 7:21 vm #

    Dis hier waar ek om persoonlike redes maar net tjoepstil bly. Eendag (of dalk een van die dae) kan ek dalk saampraat :wink:

    • demoerin Maart 31, 2011 at 7:39 vm #

      Ek wil nie weet nie…… netnou word ek ingeroep om teen jou te getuig :lol:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers