GRRRR….snaaks hoe dit voel of jy op ‘n verlate eiland sit sonder internet. Wel, ek hoop alles is weer up and running teen 3 Mei, dis nou wanneer ek weer agter my lessenaar gaan plaasneem, nadat ek vir die volgende week op ‘n strand langs die Natalse kus gelê en niksdoen het.
Mens hoef nie ‘n Christen te wees, om ‘n goeie mens te wees nie. Jy hoef nie ‘n Christen te wees om waarde in Paasnaweek te sien nie. Die twee vakansiedae is nie net pasella niksdoen dae nie, gebruik dit bietjie om jouself met introspeksie te evalueer in die vak MENSWEES101.
Strewe daarna dat iemand eendag van jou sal kan sê – You Raise Me Up
Geseënde Paastyd!
Dis waarheid wat jy hier skryf, maar dis darem maar lekker om ‘n Christen te wees en die waarde, pyn en vreugde daarvan te kan inneem en geniet.
Ek hoop jy/julle het ‘n wonderlike uitrus vakansie en dat julle elke oomblik op daai strand sal geniet. Verder hoop ek oom Son sal julle permanent met sy teenwoordigheid vergas en tannie Reën sal skaam raak en in haar hotelkamer wegkruip!
Ry veilg DMI en kie! And don’t drink and drive!!!
Ja, jy’s reg. Mens hoef nie ‘n christen te wees om ‘n bietjie introspeksie te doen nie. Maar as jy wel een is, Sjoe!! Paasnaweek is DIE BESTE!
Geniet jou vakansie! Ons sal jou mis hier in blogland!
Easter says you can put truth in a grave, but it won’t stay there…
Geseënde Paasfees vir julletjies!
Geseënde Paasfees. En geniet jou vakansie