Archive | Mei, 2011

Slapies aftel….

30 May

Onvoorwaardelike liefde is om ‘n baba te kan liefhê, wat nog nie gebore is nie.

Vrydagskool….Seisoene

27 May

Mens kry vier seisoene – Lente, Somer, Herfs en Winter. Winter is wat jy amptelik vanoggend buite voel. Winter = Koud.

MAAR – te danke aan my kan ek die Gepatenteerde DMI Twee Element Psigologiese Verwarmer bekendstel.

STAP 1:

TURN UP THE VOLUME

STAP 2:

Staar na hierdie prentjie

STAP 3:

Maak ‘n bottel rooi oop

STAP 4:

Herhaal oor en oor – Dit is warm

As dit nie werk nie, klim maar terug in die bed.

Afrikadag

25 May

Die ANC wonder oor hoekom hulle ondersteuning besig is om te kwyn. Ou Julius se uitlatings word geblameer, en hulle sit nog steeds en kopkrap oor wat dit nog kan wees. Dit is NIE rocketscience nie my liewe ANC….

Daar is ‘n nuwe generasie van kiesers wat nie gebonde voel aan die feit dat julle almal in die tronk “gestruggle” het nie.

Daar is ‘n nuwe generasie van kiesers wat nog altyd “free” was, hulle gee nie om wat in die vroë 90′s gebeur het nie.

Jy kan net vir so lank leë beloftes maak, voordat jou kiesers gaan begin soek na groener weivelde.

Die stedelike kieser val nie vir jou voorvadergeeste waarskuwings en stories nie.

Dit gaan oor munisipale dienste en werk, iets waar ANC munisipaliteite baie vêr tekort skiet – terwyl die kieser moet toekyk hoe miljarde rande in cadres se gatsakke in verdwyn.

Sien, julle vraag beantwoord in 5 minute. Dit is nie rocket science nie. Of is dit dalk? Daar is geen so blind as die wat weier om te sien nie. Julle ondersteuning gaan aanhou kwyn vir solank as wat jy jou gatsakke volstop, en jou kiesers moet oorlewe op leë beloftes.

PS  Gelukkige Afrikadag aan almal, dit is net jammer dat al die Kinders van Afrika nie so gelukkig is nie…..

Onthou Jy? Daai Flippen Tamaties

23 May

In LOR se The Return of the King sweer Pippin onderdanigheid aan Denethor omdat hy vroër sy lewe gered het. Die Orcs het ‘n nabygeleë, strategiese verlate stad oorgeneem, en Denethar stuur sy swartskaap seun, Faramir op ‘n selfmoord-missie om teen die Orcs te gaan veg.

Denethar sit ewe rustig sy ete en geniet, terwyl hy sy seun na ‘n sekere dood gestuur het. Hy vra vir Pippin om vir hom ‘n lied te sing. Wat gevolg het was een van die mees “hauntingly beautiful” en tegelyketyd, hartverskeurend hartseer, audio-visuele oomblikke ooit op film vasgelê…. daai flippen tamaties!

Vrydagskool…Kontak101

20 May

Ons het almal tientalle kontaknommers op ons selfone. Daar is net soveel e-mail adresse (of selfs meer) in ons e-pos posbusse. Party is vir werk, maar die grootste gros is gewoonlik vir familie en vriende, en somtyds dalk kennisse.

Ons het die kontakbesonderhede, maar hoekom word sommige van daardie nommers en e-pos adresse soms oorgesien? Vir hoeveel van daardie mense het ons altyd ‘n verskoning gereed om ons eie gewetes te sus, omrede ons hulle nie kontak nie. Ons wonder soms hoe gaan dit, maar maak geen poging tot kontak nie. Ek is te besig. Ek het vanoggend daaraan gedink, maar vergeet. Ek het laaste nog gebel, dit is nou sy beurt. Na wat sy vir my gesê het, beter sy eerste bel om verskoning te vra.

Daar is honderde mense regoor Suid-Afrika wat weg is. Sommer net weg. Hulle het dalk weggeloop. Hulle is dalk ontvoer. Hulle is dalk vermoor en iewers in ‘n vlak graf in ‘n veld begrawe. Sommer net weg. Wat sal hulle familie en vriende nie opoffer vir hulle kontakbesonderhede nie? Net nog een keer met hulle praat. Net ‘n nommer kry om uit te vind of hulle ok is. Net ‘n e-pos stuur om te probeer om weer kontak te maak, of ‘n SMS om net hallo te sê.

Daar is geen geldige rede hoekom ek moet verskonings uitdink hoekom ek iemand, wie se besonderhede ek met die druk van ‘n knoppie kan kry, nie mee kontak maak nie. Daar is niks daarmee fout om die minste te wees as daar dalk ‘n ongemaklike vibe is nie. Daar is tyd vir ‘n vinnige oproep, e-mail of sms. Ek het geen geldige verskoning nie, want om te probeer om verskonings uit te dink, is gelyk aan om tergend te lag in die gesigte van die mense wat enigiets sal gee vir ‘n verlore geliefde se kontakbesonderhede.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers