Dit is Vrydag die 13de. Daar is iewers mense om hierdie aardbolletjie van ons wat hulleself vir die dag in ‘n “padded room” opsluit as gevolg van die bygeloof dat dit ‘n ongelukkige dag is. ‘n Onverklaarbare sielkundige vrees.
Party mense is dalk bang vir die koekiemonster hier bo, of dalk vir spinnekoppe. Daar is mense wat ‘n vrees het vir hoogtes en klein vertrekke. Daar is lyse langer as my arm van al hierdie vrese, en elkeen het natuurlik ‘n mooi geleerde naam.
Partykeer wil ek skopskuddend daaroor lag, net omdat ek dit nie verstaan nie. En dit vanweë die feit dat ek geen sulke vrese of fobies het nie.
Die les is dat mens dit nie moet afmaak as nonsens, net omdat jy dit nie verstaan nie. Net omdat dit nie in jou eie kop gebeur nie.

Onlangse ondersteuners: