Archive | 4:45 nm

Woordspel…Dans Die Aarde

16 May

Toe die aarde begin dans:

“So dis hoe ‘n aardbewing voel” fladder dit vlugtig deur Martie se brein. Sy hou die deurkosyne en die vensterrame dop wat in ’n ritmiese tango in die arms van die spierwit mure beweeg. Die dans afgerond met die dromslag finalé waar die vensterglas in duisende stukkies op haar neer-confetti. Martie se lyf word van die grond af gepluk en die lug ingeslinger. Druppeljies bloedrooibloed begin spruit uit die honderde glassnytjies, en kleur haar wit somersrok met verfspatsel kinderpatrone. Die paar sekondes voel soos minute terwyl sy in stadige aksie deur die lug sweef . Teen die tyd wat haar liggaam met die valslag regop deur die hoedestaander geryg word, sak die plaffon, gevolg deur die dak, met ’n stowwerige geplof op die skuddende aarde neer. Martie staan soos ’n voëlverskrikte Statue of Liberty deur die hoed-en-baadjie-staander gepen. Fier. Regop. Bebloed. Morsdood tussen stofwolke.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers