In LOR se The Return of the King sweer Pippin onderdanigheid aan Denethor omdat hy vroër sy lewe gered het. Die Orcs het ‘n nabygeleë, strategiese verlate stad oorgeneem, en Denethar stuur sy swartskaap seun, Faramir op ‘n selfmoord-missie om teen die Orcs te gaan veg.
Denethar sit ewe rustig sy ete en geniet, terwyl hy sy seun na ‘n sekere dood gestuur het. Hy vra vir Pippin om vir hom ‘n lied te sing. Wat gevolg het was een van die mees “hauntingly beautiful” en tegelyketyd, hartverskeurend hartseer, audio-visuele oomblikke ooit op film vasgelê…. daai flippen tamaties!
Tags: All shall fade, LOR, Pippin
Ek kan dit nie onthou nie, sal vanaand by die huis luister, nou raak ek regtig oud, lekker dag vir jou.
Ek het nooit die return of the king gekyk nie. Na die tweede fliek het die lus my nooit beet gekry nie. Ek het wel die boek gelees.
Skokkend! Jy moet die einde kyk!!
Home is behind
The world ahead
And there are many paths to tread
Through shadow
To the edge of night
Until the stars are all alight
Mist and shadow
Cloud and shade
All shall fade
All shall fade !
O, dis SO mooi!
Dis baie mooi, en net ‘n gedeelte van die gedig – A Walking Song wat Tolkien geskryf het – gaan google bietjie