Mens kry vier seisoene – Lente, Somer, Herfs en Winter. Winter is wat jy amptelik vanoggend buite voel. Winter = Koud.
MAAR – te danke aan my kan ek die Gepatenteerde DMI Twee Element Psigologiese Verwarmer bekendstel.
STAP 1:
TURN UP THE VOLUME
STAP 2:
Staar na hierdie prentjie
STAP 3:
Maak ‘n bottel rooi oop
STAP 4:
Herhaal oor en oor – Dit is warm
As dit nie werk nie, klim maar terug in die bed.

Ek gaan nie die kans vat om uit die bed te klim nie. Dae soos vandag is ek baie bly om nog op kraamverlof te wees!
Bwahahaha…lucky you.
Moet koud wees, Mica Paris het ‘n helse nipple stand.
Hahaha
Ek gaan netnou die ysige Benguele-stroom aandurf, binnekort gaan dit lyk of ek ook smokkel met spark plugs.
O, ek moet net bylas – Summertime volgens my een van die beste songs ooit geskryf…. oooo, en gooi so ‘n smeulende stem daarby….eish.
BB, wanneer gaan jy hom cover?
Net ‘n bottel rooi wyn?
Kan ek maar vraatsig wees en ‘n vat vra? Dalk sommer Sjerrie of port? Dit is blerrie koud.