Archive | 7:39 vm

Prioriteite

14 Jun

Verantwoordelikheid leer jou van prioriteite.

Jy moet werk voor jy kan speel. Jy moet jou familie kos gee voordat jy ‘n kas bier kan koop. Jy moet jou huiswerk afhandel voor jy televisie kyk. Seker dinge kom eerste, nie altyd uit keuse nie, maar omdat dit maar net so is. ‘n Ouer se kind kom altyd eerste, net soos ek glo dat in later jare dieselfde ouer hoog op die kind se verantwoordelikheidslys moet lê.

En dit werk nie net so in persoonlike lewe nie. Dieselfde argument geld vir jou werksomgewing. Jou verantwoordelikhede bepaal die rangorde van prioriteite met jou daaglikse take. Dieselfde is veronderstel om te geld vir die regering, waar hulle verantwoordelikhede teenoor elke Suid-Afrikaner prioriteit moet geniet.

In hierdie week het ons weereens gesien hoe sekere verantwoordelikhede nie prioriteit geniet het nie. Daar is 12 oumense dood in ‘n brand by ‘n versorgingshuis. Die verpleegpersoneel wat aan diens moes wees, was nie almal daar nie. Die bestuurder wat aan diens moes wees, was ook nie daar nie. Die brandalarm het nie gewerk nie. Die brand het moontlik ontstaan na aanleiding van ’n elektriese fout.

Daar was ‘n onnodige verlies aan lewens, omdat sekere mense se verantwoordelikhede daardie aand nie prioriteit geniet het nie. In my oë – Moordenaars.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers