Somtyds staar ek by die venster uit, sonder om enigiets raak te sien. Somtyds ry ek vanaf die werk tot by die huis en ek kan niks van die rit onthou nie. Partykeer speel die radio in die agtergrond, maar ek hoor dit nie. Telekemale vertel iemand jou iets belangrik, maar jy let nie op nie. Ek kan rondbeweeg. My bene kan my van punt A na B vat – en my arms kan my hande by my mond uitbring vir daardie lekker stukkie melktert. Ek is gesond. Al my sintuie werk.
My waardigheid is nog in plek en ek is nie afhanklik van ander nie.
Dit is iets waaraan ek baie dink deesdae. Dankbaarheid.
Mens is tog so maklik om te kla, en dit is heeltemal onnodig. Nie eintlik onnodig nie, dit is skaamtelose ondankbaarheid. Ek is seker daarvan elkeen van ons ken ten minste een gestremde persoon of ten minste een persoon wat sorg nodig het. Mense wat nie hulself kan help of die vreugde kan smaak wat al jou sintuie verskaf nie.
Is dit nie snaaks as mens daaraan dink, dat dit juis die voorregte wat niks geld gekos het nie, wat eintlik die belangrikste is en die meeste werd is? Die voorregte is waarvoor ons die meeste dankbaar moet wees? Die voorregte is wat ek die meeste moet waardeer?
Baie waar. Onvergenoegdheid is seker ‘n sonde, veral as jy so baie het om oor dankbaar te wees.
En ons het nie genoeg vingers om eers die belangrikste te kan optel nie…
Ek het hierdie reminder vandag nodig gehad. dankie
My ma het altyd gesê mens moet vir alles dankbaar wees. Van die klein goedjies tot die groot goed! Sy’t altyd gesê, If you cannot be thankful for the small things, how can you expect bigger blessings?
Dis mooi daai. Jou Ma was wys!
Dankie hiervoor vandag. En ek het dit nog verniet gekry ook.
Praat jy wat tanne het!