Vandag is een van die hartseerste songs wat ooit geskryf is, en wat perfek inval by my gedagtes oor dankbaarheid, deel van ons kompetisie. Vervang gerus “London” met Jozi, Kaapstad, Kokstad of Polokwane – die boodskap is universeel.
In baan 1 het ons vir Ralph McTell met die oorspronklike. ‘n Lied met soveel betekenis verdien om sonder fieterjasies gesing te word…
In baan 2 het ons vir Sinead O’Connor – die vrou wat my altyd laat dink dat dit is hoe die engele in hul kore gaan klink…
Goed. Op julle merke…Gereed…Stem!
Onlangse ondersteuners: