Vandag is een van die hartseerste songs wat ooit geskryf is, en wat perfek inval by my gedagtes oor dankbaarheid, deel van ons kompetisie. Vervang gerus “London” met Jozi, Kaapstad, Kokstad of Polokwane – die boodskap is universeel.
In baan 1 het ons vir Ralph McTell met die oorspronklike. ‘n Lied met soveel betekenis verdien om sonder fieterjasies gesing te word…
In baan 2 het ons vir Sinead O’Connor – die vrou wat my altyd laat dink dat dit is hoe die engele in hul kore gaan klink…
Goed. Op julle merke…Gereed…Stem!
Close call. Altwee weergawes is ewe goed. Wat van ‘n duet?
Ok, as ek dan regtig moet kies…die oorspronklike weergawe van Ralph
Sinead! Loshande.
Jip, ek dink ook so!
Ek stem ook Sinead.
Ralph vir my. Die stemming vannie song het ‘n biekie van ‘n rowwe stem nodig, vir my.