Ek is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Ek is, en was nog nooit ‘n eier nie. Ek hou my oë en ore oop. Ek praat as ek sin gaan maak en ‘n konstruktiewe bydrae kan lewer. Tog kan ek nie verstaan dat mense tog so goedgelowig kan glo dat ‘n ander ‘n dom poephol is nie. Ek is nie ‘n dom poephol nie, en daar is niks wat my so opwarm dat ek ‘n eier in my gat kan kook, soos iemand wat self onnosel genoeg is om te glo dat ek vir slim praatjies val nie. Leuens het die manier om soos ‘n rooi serp in ‘n swart en wit fliek uit te staan.
Vat nou maar ons ongelooflike regering. Die hemele weet, 90% van hulle oggend en aand praatjies is sulke halfgebakte leuens, dat dit mens verstom laat staan soos Lot se vrou van ouds. Hoekom kan hulle maar nie net stilbly eerder as om sulke kaf kwyt te raak nie? Ek word nie gesus deur die idee dat die amptenare wat rojaal met ons belastinggeld lewe, “suspended” rakende ‘n ondersoek is nie. Al wat dit beteken is hulle sit by die huis vir 24 maande, met volle betaling – en dan verdwyn die aangeleendheid soos mis voor die son en hulle kry ‘n nuwe job in ‘n ander departement waar hulle maar weer van voor af hulle vingers in die heuningpotte kan doop. “Suspended” beteken jy gaan eintlik niks doen nie.
Vertel eerder vir my van die wat nie net afgedank is nie, maar wat die geld terugbetaal het en nou ‘n 10 jaar vonnis in die tronk uitdien. En vertel my dan dat daardie geld wat teruggevorder word gebruik is om 1,000 huise te bou (huise wat nie uitmekaaruit gaan moer in ‘n jaar nie.)
Dieselfde geld vir mense met wie jy daagliks in aanraking kom. As jy verslaap het en laat is – sê net so, moenie ‘n kakstorie opmaak nie. As daar ‘n boggerop was toe julle my radio weggestuur het, sê net so – moenie my verveel met ‘n storie so lank soos my arm wat stink soos ’n vet liegstorie nie.
Ek is werklik een van die mees verdraagsame en geduldige mense wat ek ken – maar hel, mens kan jouself net vir solank doofhou vir die bollie wat na jou kant toe geslinger word.

Ek is ook ONMIDDELLIK befoeterd as iemand vir my ‘n liegstorie vertel. Ek verkies ook die waarheid, al is dit dalk ongemaklik. Ek dink altyd – dink jy omdat ek VROULIK is, ek ook STUPID is???
Nou is ek sommer van voor af kwaad!
Presies. Vertel eerder die waarheid, neem verantwoordelikheid. Ek mag dalk kwaad word vir wat jy my vertel, maar ek gaan ook respek hê vir jou.
Wat vir my half sad is, is dat lieg en bedrieg so algemeen geword het dat ek enige nuwe persoon/diensverskaffer wantrou tot anders bewys. Iets in die lyn van guilty until proven innocent, en ek is doodseker hulle doen presies dieselfde met my.
Die netto resultaat is dus ‘n hele kultuur van wantroue
Yip, dis bae sad – maar soos jy sê, in die hedendaagse liegkultuur kan mens nie regtig anders nie.
Ek het al gewonder of ek dan stupid lyk? Die ergste is die geveinste onskuld as jy hulle uitvang.
Jou apies hier bo laat my nou dink. Ek het nou die dat ‘n stel van 4 apies gesien. Die 4de een het sy geslagsdeel toe gehou.
Uh uh, dis nie ons wat stupid lyk nie, dis die wat lieg wat so stupid is om te dink ons gaan hulle glo.
” … geslags dele toehou.”
Whahaha …
Ek sal nooit so vir myself lieg nie.
Ek haat lieg meer as enige iets anders in die lewe. Ek is by ‘n punt in my lewe waar ek net NOOIt weer iemand sal glo wat een keer vir my gelieg het nie.
Dis sad dat dit so moet wees. Maar ja, hulle gee mens nie rede om hulle te glo nie. Verdraaiing van PJ se woorde – Its is a lie until it is proven to be the truth.
Ai, nee, man. Ek’s nogal lief vir my witleuentjies. Gewoonlik om iemand se gevoelens te spaar, maar soms om my eie bas te red.
Ek is gek oor daardie 3 apies. Ek het onlangs die MOOISTE apies present gekry, dink ek moet oor hulle blog.
net een stukkie bewys bring dat enige een van hulle bestaan het ….En ene Annette het my al vertel ..Christenskap mag dalk waar wees vir jou maar dis nie waar vir my nie….Louwie stel dit dalk goed ..Wie is dan reg? Onder sy ondersteuners is n groot groep oorlewendes wat beweer dat hulle in die Haut de la Garenne kinderhuis op die eiland mishandel is..Ten minste n deel van sen. Daar is mense wat wil getuig wat hulle gesien en gehoor het en dat hulle die jong klaer glo.