Son het gedink dit is oulik dat ons almal ons stoukies oor die draadheining kom hang vir die wêreld om te besigtig…. wat maak my ‘n pleb – wat doen ek wat so bietjie (of dalk baie) common is?
Ek bly op ‘n plot. Nie omdat ek moet nie. Maar omdat ek wil.
Ek geniet my Afrikaanse musiek en sing baie keer luidrugtig saam – selfs die liedjies wat dalk bietjie (baie) oud of breindood is.
Ek het al verneem dat my “volume-control” ‘n bietjie defektief raak as ek dalk ‘n drankie of tien te veel inhet (ek het geen probleem daarmee om my Tequila sommer uit die bottel te sluk nie).
Ek koop nie die duurste wyne nie, ek koop die lekkerste wyne.
Ek dink om te kamp en karavaan is die lekkerste vakansies ooit. Ek wens elke kind kan daardie vreugde smaak.
As daar chips by my kos by ‘n restaurant is, gaan ek tamatiesous daaroor gooi. Dit moet verkieslik AllGold wees – ek kan nie restaurante in Jozi opnoem war jy AllGold kry.
Winkels toe gaan is ‘n necessary evil – so ek het geen probleem om gemaklik te gaan met my sweetpakbroek en ‘n t-hemp of sweater nie. Dis nie ‘n modeparade nie.
Ek meng my taal baie. Dit sluit in Engels, Afrikaans, Grieks en Vloek (alhoewel die meeste Grieks eintlik by vloek inpas). Daar is vir my min so onaangenaam op die ore soos Stok-Innie-Hol-Afrikaans nie.
As ek ‘n lekker lamstjoppie, dalk lamskenkels of beesstert op my bord het, gaan ek die been afeet met my vingers. Dit is net so. Mens mors nie met die lekkerste vleisies aan ‘n been nie. (Bygesê my maniere dikteer darem ek sal dit nie in ‘n Restaurant doen nie.)
Ek doop my koekies en beskuit in koffie. Daar is geen ander manier om dit te eet nie.
En…het ek al genoem ek bly op ‘n plot?
Daar is seker nog…. ek sal die post opdateer as ek aan nog kan dink.
Goed laat ons sien… ek tag vir Xena, Dellie en Flintie (ek het nie vergeet van jou tag nie Flints – ek belowe).
Ek wil ook eendag op ‘n plot gaan woon. Met ‘n donkie, kameelperd en dalk ‘n tier.
Sal my naam later met ‘n plank slaan.
Op ‘n plot – of in die dieretuin?
Jis, en hier dog ek nog al die jare dis net die ryk mense van skuldbult wat op plotte bly.
O genade … jy klink glad nie kommin nie!
Hou vas aan jou hoed vir myne …
Ag nee wat, jy is cool! Ek drink nie wyn nie, maar wanneer ek wyn drink, drink ek soetwyn (dis nou kommin as mens ‘n Kapenaar is LOL!)
Soetwyn kan nie as wyn geklassifiseer word nie – dis soos koffie, dit maak warm – so dit is soos koffie met alkohol in.
Hier sien ek nou eers my tag, sal binnekort my huiswerk doen, belowe!
huiswerk gedoen
As dit jou kommin maak dan behoort ek seker ook aan dieselfe klub
Hoekom sukkel ek so om op al julle kommin mense se blogs in te teken? Ek wil subscribe, maar kry nie notification nie!