Flintie het hierdie tag nou al ‘n rukkie terug uitgedeel. Die feit dat ek dit nog nie gedoen het nie, het niks met my geheue te doen nie. Dit het te doen met die feit dat ek nie kon dink aan een enkele item, wat so kosbaar vir my is, dat ek dit eerste sal gryp en hardloop sodra die pawpaw die fan strike nie. Ek heg bitter min waarde aan die materiële (of nie noodwendig meer waarde aan een ding as die volgende nie), en kan nie enigiets wat ek besit uitsonder as die wenner nie.
Maar ek sal seker iets moet kies anders is daar geen nut aan hierdie skrywe nie. Na vele slapelose nagte en pro en con lysies het ek toe op iets besluit, wat dalk nie noodwendig nou soveel meer waarde het nie, maar waarde sal hê as ek alleen op ‘n eiland gestrand onder ‘n palmboom sit…. my foto’s.
Ek het foto’s van elke persoon wat tot dusvêr ‘n inpak op my lewe gemaak het.
Ek het foto’s van elke geleendheid wat tot dusvêr waardevol was.
Ek sal dus nie net foto’s saamvat nie; ek sal ‘n pak waardevolle herinneringe by my hê om te koester, beide vreugdevol en hartseer, wat strek oor die laaste 36 jaar en 5 maande.

Onlangse ondersteuners: