Archive | 7:43 vm

Vrydagskool…Mandela Dag

8 Jul

OK, blah blah blah dink jy dalk. Maar weet jy wat – ek dink – so what.

Daar is niks so maklik soos praat nie. Dis iets wat ons al van 1 jarige ouderdom af doen sonder om deesdae eers twee keer daaroor te dink. Wat egter ‘n bietjie moeiliker is, is om te doen. 90% van die kere is die doen moeilik want ons het ‘n emmervol verskonings gereed om uit die hoed uit te pluk – en sodoende ons gewetes te sus.

Maar weet julle wat, dit is nie goed genoeg nie. Mandela Dag is om die draai, en elke Suid-Afrikaner word aangemoedig om 67 minute van hulle tyd af te staan, en iets vir iemand anders te doen. En weet julle wat, in the greater scheme of things is 67 minute fokkol.

Ek het vanoggend op 702 van forgood gehoor. Dit is nie net gesentreer om Mandela Dag nie. Dis amper soos ‘n virtuele vlooimark waar jy kan gaan rondsnuffel vir ‘n goeie daad wat jy kan doen. Sien, jy hoef nie eers self een uit te dink nie. Nog beter, as jy iets wil doen (of alreeds ‘n inisiatief het) en jy het hulp nodig, stig  jy ‘n groep vir jou event.

Ek het ‘n event gekies, en al klaar my email vanoggend weggestuur om meer inligting te bekom. Ons het nie almal geld om te gee nie, maar ons het tyd.

‘n Uur van my tyd beteken dalk nie baie vir myself nie, maar dit kan die wêreld se verskil vir iemand anders beteken. Dink net aan hoe goed dit voel as jy vir iemand ‘n present gee – dink nou hoe lekker dit sal wees as jy elke dag so kan voel.

 

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers