Archive | 11:16 vm

Woordspel…Wagkamer Konsternasie

13 Jul

Daar sit hulle, knit-one-skip-one, al in die rondte teen die wagkamer se mure. Al ken almal mekaar, word daar nie ‘n woord gerep nie. Die wir-wir van die lugversorging verbreek die stilte, en in die hoek op die televisie seil ‘n Bok oor die doellyn vir nog ‘n drie in hul wêreldbekerstryd teen die All Blacks. ‘n Paar van die mans staar vasgenael na die wedstryd. Al die vrouens is gatvol vir rugby.

Lizanette sit agter die toonbank. Sy is die ontvangsdame, rekeningeklerk, verpleegster, dokter se tweede regterhand en skelmpie. Presies hoe dit moet wees op ’n klein dorpie. Sy is mooi, dalk is smeulend eerder die regte woord; en sy weet dit. Sy kan voel hoe Kleinjan, die hoërskool se stêr-heelagter se oë haar uittrek vandat hy daar ingestap het. Sy bloos nie eers nie. Kleinjan kyk weg.

“Ahhhhh, Ahhhhhh, Ahhhhhh – TIIISSSUUUUEEEEE”, Lizanette onthou sy het laasweek in een van Dokter se joernale gelees dat ‘n nies teen 150 kilometer per uur kan beweeg. Die gedagte het skaars  geflikker of daar was absolute konsternasie.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers