Archive | 7:43 vm

Vrydagskool….Grapdag

15 Jul

As ek nie gister geweet het dit is 14 Julie nie, het ek sowaar gedink dit is die 1ste April – Gekkedag. Want wee jy, as dit is waarmee die metropolisie hulleself ophou as hulle nie mense se bloeddruk in padblokkades opjaag nie, is dit geen wonder dat ons strate vrot is van die kriminele nie.

Ek ry nou al die afgelope vier jaar daagliks twee keer daar verby, en dit is een van my “pet-loves” om elke dag uit te kyk hoe die skapies wei. Die sekuriteitsman doen nogal moeite elke dag om die troppie rond te skuif. Daar is nie twee dae wat verbygaan dat hulle sommer net op dieselfde plekke staan nie. B&O het selfs vir die koue winter vir elkeen ‘n serpie om die nek gebind.

Ek wil amper sê dis ongeloof wat ek voel dat die metropolisie hulleself met so iets sal besig hou, maar ongeloof is iets wat ek nie sommer nog deesdae in ons land ondervind nie. Snaaks dat skaars 500m na 1km na elke kant toe daar groot interseksies is waar die straathoekverkopers mense se lewens versondig. DIT metropolisie is teen die wet – dit is nie teen die wet om draadskape in jou tuin aan te hou nie….. :lol: die snaakste is dat die metroloplisie sal dink dat Bang & Olufsen in draadskape handel dryf – dat jy darem nou maar jou naam so gat kan maak uit onkunde.

Bring terug my skapies!!

Wat is volgende? Mense se tuindwergies?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers