Partykeer wens ek dat ek die Rugby Wêreldbeker van 1995 en die 2010 Sokker Wêreldbeker in ‘n kamer kon opsluit, en gereeld my kop daar kon indruk om net weer my geloof in my medemens te kan versterk.
Sport is soos Suid-Afrika se happy-pills. Almal is vredeliewend en verdraagsaam. Mense sit saam om braaivleisvure en televisies. Mense groet mekaar vriendelik op straat en in winkels. Skielik is jou mede Suid-Afrikaner belangrik genoeg om ‘n oorwinning mee te deel. Ons is amal in dieselfde bootjie, besig om in dieselfde rigting te roei – Dit is Ons teen Hulle. Mens voel sommer trots op jou medemens. Dit is lekker om ‘n Suid-Afrikaner te wees.
En dan moet ek weereens my kop vandag in skaamte in ‘n gat druk, omdat ek ook ‘n Suid-Afrikaner is.
In watter tipe land is verdraagsaamheid en wetsgehoorsaamheid so afwesig, dat petroltenkers onder polisie – en weermagbegeleiding petrol moet aflewer?
Ek is moeg daarvoor om vir ander skaam te kry.
Onlangse ondersteuners: