Turksvy het dit goed gedink om my voor die spieël te kry, en deur my geheue van die afgelope 36 te probeer sif om te onthou watter stories agter die merke op my lyf lê….. en ek het gesukkel om die merke te probeer opspoor, so hier is my relaas voor ek dalk tot Kersfees op soek is na letsels.
Ek is net weereens herinner aan die feit dat ek ongelooflik geseënd is met goeie gesondheid. Hand aan hand daarmee saam natuurlik die feit dat al my wonde en snye so genees het, dat ek die helfte nie eers meer kan opspoor nie.
Onder my groottoon is daar nog ‘n glasstuk (ek dink dit was ‘n glasstuk?) letsel, en daar is ook een op my een enkel wat ek nie die oorsprong van kan onthou nie. Daar was ook ‘n meswond van toe ek met kos en ‘n skerp mes gestoei het op my een hand, maar ek kan dit nie nou vind nie. Op my oogbank, net onder my oog is daar ook ‘n happie vleis missing van een oggend, baie lank gelede se overexcited, aandagafgeleide skeersessie.
Eintlik is my enigste, baie duidelike letsel die sny na my galblaasoperasie (en die klein merkie net regs daarvan waar die drein in was). Ek was 16 toe die onwelkome galstene opgemerk is op sonar, en 17 toe hulle, tesame met my galblaas die snoesige binne van my lyf verrruil het vir die medical waste asblik. Dit was in die tyd toe hulle nog ‘n ordenklike sny gemaak het om by die galblaas uit te kom….(‘n paar maande later het hulle met ‘n piepklein snytjie en laser die operasie begin doen – ook net my flippen bad luck!) Maar ek sal daarmee saamleef, want ek was in die laaste amper 20 jaar nog nie weer ‘n enkele keer naar nie!
Ek kan aan geen ander dink nie (of eerder dalk onthou nie), miskien emosionele letsels, maar niks van belang nie.
Ek gaan niemand uitsonder nie, maar speel gerus saam en vertel ons van die stories wat agter jou merke lê.
UPDATE:
Nadat ek PJ se merkestorie gelees het, het ek van hierdie een onthou….
Uhhmmm, laat ons net sê dit was nie te lank terug nie, in die laaste 2 of 3 jaar, en JA, daar was alkohol betrokke. Ek het nog ‘n merk waarvan ek vergeet het. Tydens ‘n kuiersessie (‘n goeie een) daar in die land waar die vliegtuie so gereeld oorvlieg, besluit ek toe dat ek in my bietjie onstandvastige toestand die beeld van die kaal vrou (fontein) in die middel van die visdam ‘n drukkie wil gaan gee (sien, selfs in my “toestand” bly ek liefdevol). Ek het my balansvermoë op daardie oomblik ‘n bietjie oorskat en toe met die kant van die visdam kennis gemaak. Later daardie aand het daardie selfde spot voor op my been met die hoek van die bank kennis gemaak…. dankie tog ek het toe gaan slaap, en ek het die volgende oggend met my been “intact” opgestaan, minus ‘n paar nerwe en ‘n bietjie bloed.
Hoe word mens se aandag afgelei tydens ‘n skeersessie?? Klink vir my half verdag.
Die vraag is eerder of die een wat sy aandag afgelei het darem geweet het hoe om die bloeding te stop?
Ek wonder weer of hy klere aan gehad het terwyl hy so gestaan en skeer het
Ek is te morsig om met klere aan te wil skeer.
Goeie vitamien D of is dit nou E wat jy het.
Goeie iets sommer
Ek dink ek moet my galblaas dan ook maar laat uithaal. Elke Saterdag- en Sondagoggend word ek wakker, dan is ek baie dors en naar.
Dalk nie slegte idee nie…. dit help net nie vir die dors nie
Ek het nou net jou Toskoppie post gaan lees….bwahahahahaha
Jy klink na ‘n baie soet seuntjie
Eerder lucky
Lyk my jy moet wegbly van lemmetjies en standbeelde
Jy klink taamlik ongeskonde, in alle opsigte!