‘n Mens kan nie help om te wonder wat in ‘n jongman se kop aangaan as hy een sonnige dag besluit om ‘n bom te plant waarin 8 mense sterf, en dan verder gaan en nog 68 mense doodskiet nie. Die feit dat hy vir lang oomblikke in die pad van ‘n windmeul gestaan het, is een gedagte waarmee ek speel. Ek speel ook met die gedagte dat Anders Behring Breivik dalk die antichris is, maar ek dink daar is ander wat erg vir daardie eer baklei, soos byvoorbeeld die vals profete van Family Radio faam.
Dit bring my nou uit by Suid-Afrika.
Hoe sal so ‘n situasie hier hanteer word? Sal daar weer ‘n oor-en-weer rassistiese moddergegooiery plaasvind, of sal die nasie saamstaan teen hierdie man en sy gruweldade in skok oor die dood van soveel onskuldiges? Ek sou graag wou glo dat ons polisie vinniger op die toneel sou wees as die Noorweërs, ek meen, besit die Noorweegse weermag en Polisie nie helikopters nie? Ek glo sy isolering van die buitewêreld is ‘n uitstekende idee, maar kan nie sien dat dit in Suid-Afrika sou gebeur waar ons gevangenis mos meer menseregte as die man op straat het nie, wat dus uitstekende geleendheid bied om boodskappe uit te kry. Ek glo wel dat as hy uiteindelik gevonnis sou word, hy in Suid-Afrika 76 opeenvolgende lewensvonnise sou ontvang en nooit weer daglig sou sien nie… teenoor Noorweë waar daar ‘n maksimum tronkstraf van 21 jaar is, en dit slegs by uitsondering langer gemaak sal word.
Wat as, wat as……. dit is lekker om te wonder. Ek wonder wat sou gebeur het as die Skandinawiërs nie so blêrrie ordenklik en opgevoed was nie?
Onlangse ondersteuners: