Archive | Augustus, 2011

Rasta sê…Oor die Blindes

31 Aug

Rasta het gisteraand weer sy Omkyktwak beetgehad (hy neem dit vir medisinale redes), en het blykbaar met voorvadergeeste gekommunikeer…nogal ‘n Ingelse een…

It is a big mistake to follow a person blindly. You might just one day be led over a cliff. It is sad to see how many blind recide in the Land of the Blind. It is also a big mistake to idolize a politician. Politicians do not care about individuals. Politicians do not care about YOU, they care about your vote, that keeps them in Power. Power and Money ultimately corrupts. You should be the one who cares about YOU. Nobody owes you anything in this world. The onely person that owes you anything, is YOU.

Onthou Jy….die righteous dude?

29 Aug

Een van my gunsteling classics….

Die fliek waarmee elke skoolgaande kind kon identifiseer…you just could not help adoring Grace, and hating Ed.

Al was die rol van Grace (Edie McClurg) net ondersteunend, was dit definitief nie ‘n karakter wat ek vinnig vergeet het nie. Daar was ‘n paar “killer” tonele, ondersteun deur perfekte toneelspel.

Rol die wiele wiele wiele rol….

25 Aug

Weereens, soos na die Taxi ongeluk by die spooroorgang ‘n jaar terug, is almal geskok oor die jongste busongeluk buitekant Knysna.

En weereens is elke LP en MEC van elke departement van padwerke tot skole uiters geskok, en weereens is daar beloftes dat daar iets gedoen gaan word.

KAK MAN, ons hoor elke keer, na elke ramp dat iets gedoen gaan word. Die regering se gepratery bring nie hierdie mense se kinders terug nie.

Ons praat nie hier van rocketscience nie….

‘n Onpadwaardige of oorlaaide taxi hoort nie op die pad nie. KLAAR.

‘n Maatskappy wat skoolbusse oorlaai (amper met 100%) se lisensie moet weggeneem word. KLAAR.

Eienaars van hierdie maatskappye moet tronk toe gaan! KLAAR.

Maar ja, dis meer lonend om padblokades te hou vir uitstaande spoedboetes. Dis meer lonend om te bekommer oor aan wie ons ‘n volgende tender kan toeken. Dis meer lonend om agter bossies en brue weg te kruip met spoedkameras. Dis meer lonend om nuwe wette te skryf om nog nuwebelastings te kan invorder.

Liewe regering, ons praat hier van lewens, ‘n voertuig op die pad is net so, indien nie meer gevaarlik, as enige vuurwapen nie. Julle kan miljoene spandeer op nuwe vuurwapen wette en kak….maar “wapens” wat meer lewens per jaar as vuurwapens eis, mag rustig voortgaan en die wette oortree.

Skrik tog net wakker en DOEN iets. Nie stel ‘n ondersoekkomitee aan nie. DOEN iets…..en ek hoop daar is prokureurs in Knysna wat daardie ouers gaan help om daardie vervoermaatskappy se broeke van hul gatte af te dagvaar. Dit gaan nie hul kinders terugbring nie, maar ten minste sal daai vervoermaatskappy sy deure moet toemaak. Laat die mense maar weereens iets self doen, want die regering stel nie belang nie.

Rasta sê….oor Mini’s en Maxi’s

23 Aug

Rasta sê hy is moeg vir mense wat verskonings soek om hulle eie tekortkominge te probeer verdoesel….as jy voel jy wil ‘n vrou onsedelik aanrand of verkrag, omdat sy ‘n mini dra en dalk ‘n bietjie cleavage wys, is daar iets met jou fout pêl – dis nie die mini nie.

Kinders van Afrika…Pretty Yende

19 Aug

En wie sê irriterende advertensies kan nie lewens verander nie? Pretty is ‘n lewende voorbeeld. British Airways het  die opera aria, The Flower Duet uit Lakme, van Delibes as agtergrondmusiek gehad. Die volgende dag by die skool het Pretty die musiekonderwyser gevra of dit “human or supernatural” is. Die antwoord was, “Human and entirely possible”. Die res is geskiedenis.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers