Hoe meet jy geluk?
Die hoeveelheid keer wat jy ‘n glimlag op jou eie bakkies opmerk? Kan jy die gevoel omsit gelykstaande aan ‘n trok vol smarties? Weeg dit soveel soos ‘n groot Malva Poeding, of ‘n lekker vogtige Sjokoladekoek? Is dit hoeveel keer jou hart per minuut vinniger klop as gister, of is daar ‘n spesiale liniaal te koop by die Money Market Counter in Checkers?
Moet jy die anderkant van die weegskaal vul met jellytots om die gewig te kry? Miskien word geluk geweeg aan die aantal kere wat ander opmerk hoe gelukkig jy lyk? En die eenheid – is dit onse, of ponde, of karaat…dalk kilogramme of kiloliters. Dalk ligjare of seemyle. Miskien is dit tande, lagplooitjies of polsslae.
Ek ken nie die antwoorde nie, maar weet wel een ding…
Ek is gelukkig.
Op ‘n skaal van een tot tien? Sommer ‘n hele bekvol tande gelukkig.
Onlangse ondersteuners: