Archive | 8:00 vm

Applous – Wegkruipertjie

3 Aug

Liefie het vir my huiswerk gegee, en ek is gisteraand uitgetrap omdat dit nog nie gedoen was nie. Die taak – Skryf een post per week oor iets GOED wat die regering gedoen het. Glo my dit is moeilik om iets te vind in die nuus om ons vlag oor te waai…

Daar is blykbaar ‘n sekere spesie van slakslym man wat beter kan wegkruipertjie speel as ‘n 5 jarige in die Uniegebou. Onderhoud Ontduikers. Pa’s wat nie Pa wil staan vir die welsyn van hul kinders nie.

Die DA het in 2010 Operasie Etsa Se Nepahetseng (Operasie Neem Verantwoordelikheid) in die Weskaap geloods. Die veldtog het gepoog om Ma’s bewus te maak van hul kinders se regte, asook om te begin om van hierdie Verlore Vaders op te spoor. Die veldtog was versterk met kontroles by padblokkades. 150 van hierdie onderhoud ontduikers het hulself oorgegee net na die afskop van die veldtog, en omtrent 120 is daarna gearresteer in padblokades. In ongeveer ‘n jaar is R300,000 ingevorder vir 343 begunsdigdes.

In Julie het die DA in Gauteng die veldtog begin uitrol. Inligtingstafels word by winkelsentrums opgestel om as eerste stap die Ma’s van hul regte in te lig, en te ondersteun met die opspoor van die ontduikers. Die plan is ook om die Gauteng Provinsiale Regering se hulp in te roep, om te kan volg in die Weskaap se voetspore met die checks by padblokkades.

Die neem van verantwoordelikheid is iets wat afwesig is op baie vlakke van ons samelewing, en ek kan nie verstaan hoe ‘n Pa nie bekommerd kan wees oor ‘n kind se welsyn nie.

Jy kan wegkruip Poephol….maar eendag gaan jy jou afskuwelike bakkies iewers uitsteek en gevang word.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers