Die jeug van vandag is ongelooflik gelukkig. Vriende, speletjies en navorsing is letterlik net die klik van ‘n muisknoppie, of ‘n search op jou selfoon weg. Ek moes tot Maandag wag om gebeure van die naweek met maatjies te deel. Ek moes vir ure in biblioteke sit en blaai deur boeke om take te doen. Nou kan ‘n enkele google search miljoene bladsye lys, of jy kan binne ‘n oogwink jou vriende met BBM, Twitter, Mxit en Facebook vertel van jou eerste soen Saterdagaand.
Dit is alles goed en wel – vooruitgang. MAAR, liewe ouer, weet jy regtig waarmee jou kinders hulself op die sosiale netwerke besighou? Dit is een ding om jou kind te vertrou, maar mens kan ook nou nie ‘n kind se nuuskierigheid inboks nie. Weet jou kind van die gevare van die gebruik van sosiale media? Weet hulle dat hulle absoluut niemand kan vertrou wat hulle (en ek wil bylas hul ouers) nie persoonlik ken nie. Besef hulle dat elke bietjie persoonlike inligting wat hul deel, gebruik kan word as lokaas deur ‘n siek mens?

Onlangse ondersteuners: