En wie sê irriterende advertensies kan nie lewens verander nie? Pretty is ‘n lewende voorbeeld. British Airways het die opera aria, The Flower Duet uit Lakme, van Delibes as agtergrondmusiek gehad. Die volgende dag by die skool het Pretty die musiekonderwyser gevra of dit “human or supernatural” is. Die antwoord was, “Human and entirely possible”. Die res is geskiedenis.
Die toneeltjie het afgespeel in ‘n onbekende klein dorpie met die naam eThandukukhanya buite Piet Retief….en Pretty bevind haarself nou, op ouderdom 26, in Milan by die La Scala Akademie, met die operawêreld aan haar voete. Sy het ‘n lys so lank soos my arm van internasionale pryse in die laaste 3 jaar gewen, die mees onlangse by Placido Domingo se Internasionale Operalia 2011 kompetisie waar sy aangewys was as Beste Sopraan, Algehele Wenner, die Zarzuela toekenning gegee is…en asof dit nie genoeg is nie het sy nog die Audience Choice Award ook ingepalm.
Lewende bewys, dat drome met harde werk en deursettingsvermoë verwerklik kan word.
Ek is nie ‘n groot Sopraan fan nie. Juis omrede die feit dat party van die note wat sekere van die Soprane probeer bykom, net pleinweg onnatuurlik klink (en tesame met daardie feit lyk dit of daar enige oomblik ‘n aar in hulle koppe gaan bars, of hulle gaan opstyg). MAAR
Nadat ek hierdie video van Pretty se semi-finaal by Operalia 2011 gesien het, het ek besef dat daar Soprane is wat maar net die ding kan doen…en dit totaal en al moeiteloos kan laat lyk.
As daar een stuk klassieke musiek is wat my ELKE keer hoendervleis gee is dit Nessum Dorma; dit is maar net asof die stuk musiek net absoluut perfek geskryf is. Ek was ook gelukkig om ‘n ouer video op te spoor waar sy dit saam met Given Nkosi en die Young Voices South Africa Choir opvoer….so bietjie gejazzify… I LIKE!
….laar ek net gou weer tissues gaan soek….
Tags: La Scala, Pretty Yende, Sopraan

Dis lekker dat mense so kan sukses behaal!
Hey!!! Sy is dus van my hometown (hoewel, die meeste Pieties beskou eThandukukhanya as deel van die dorp – dit was die ou swart woongebied).
Sy mag maar!!
Met alle respek, ek het nog nie ‘n swart mens gehoor wat NIE kan sing nie, of wat vals sing nie!