Archive | 9:24 vm

Rol die wiele wiele wiele rol….

25 Aug

Weereens, soos na die Taxi ongeluk by die spooroorgang ‘n jaar terug, is almal geskok oor die jongste busongeluk buitekant Knysna.

En weereens is elke LP en MEC van elke departement van padwerke tot skole uiters geskok, en weereens is daar beloftes dat daar iets gedoen gaan word.

KAK MAN, ons hoor elke keer, na elke ramp dat iets gedoen gaan word. Die regering se gepratery bring nie hierdie mense se kinders terug nie.

Ons praat nie hier van rocketscience nie….

‘n Onpadwaardige of oorlaaide taxi hoort nie op die pad nie. KLAAR.

‘n Maatskappy wat skoolbusse oorlaai (amper met 100%) se lisensie moet weggeneem word. KLAAR.

Eienaars van hierdie maatskappye moet tronk toe gaan! KLAAR.

Maar ja, dis meer lonend om padblokades te hou vir uitstaande spoedboetes. Dis meer lonend om te bekommer oor aan wie ons ‘n volgende tender kan toeken. Dis meer lonend om agter bossies en brue weg te kruip met spoedkameras. Dis meer lonend om nuwe wette te skryf om nog nuwebelastings te kan invorder.

Liewe regering, ons praat hier van lewens, ‘n voertuig op die pad is net so, indien nie meer gevaarlik, as enige vuurwapen nie. Julle kan miljoene spandeer op nuwe vuurwapen wette en kak….maar “wapens” wat meer lewens per jaar as vuurwapens eis, mag rustig voortgaan en die wette oortree.

Skrik tog net wakker en DOEN iets. Nie stel ‘n ondersoekkomitee aan nie. DOEN iets…..en ek hoop daar is prokureurs in Knysna wat daardie ouers gaan help om daardie vervoermaatskappy se broeke van hul gatte af te dagvaar. Dit gaan nie hul kinders terugbring nie, maar ten minste sal daai vervoermaatskappy sy deure moet toemaak. Laat die mense maar weereens iets self doen, want die regering stel nie belang nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers