Archive | September, 2011

Rasta sê…’n sug…

29 Sep

….van verligting….

Rasta sê dat terwyl jy jou verwonder aan hoe die wiel draai, en die blinde sambok jou dalk om elke hoek en draai mag inwag….en dink aan hoe dit weereens bewys is dat as jy jou met semels meng, die varke jou een of ander tyd gaan opvreet….

Is daar klein dingetjies om terselftertyd voor dankbaar te wees….soos dat jy nie ‘n vriend, kennis of sakevennoot van Lolly Jackson was nie.

Daai Brief!

27 Sep

Die internet en radiostasies is almal in rep en roer oor daai brief… Adriaan Basson se opebrief aan Kallie Kriel.

Dit het my aan een ding laat dink….daai slagoffer mentalitiet.

Ons Anglo-Boereoorlog voorouers draai vandag in hul grafte om. Hulle het met niks uit daai oorlog uitgestap, en met ‘n EK KAN houding, aan die Ingelse bewys dat maak nie saak wat nie, ons sal nie gaan lê nie. Hulle het nie in ‘n hoekie in hul afgebrande plaashuise in sak en as gaan sit en kla en ween oor hoe sleg hul omstandighede is nie.

Ek wens meer Afrikaanse mense wil dit vandag vertoon.

Verder word daar alewig gekla oor die voortbestaan van Afrikaans. Oor hoe die regering daarop uit is om Afrikaans te laat uitsterf en dit onderdruk word. Kak man. Liewe mense, solank as wat dit geskryf, gelees, gepraat, gesing ens. word gaan Afrikaans nie verdwyn nie. Die ander ding wat toevallig toe nou my aandag trek, was ‘n link vanaf Vreesloos Afrikaans na Steve se blog toe. Liewe Meneer Hofmeyr, moenie kerm en kla oor Afrikaans se voortbestaan as jy dit self in Engels doen nie. Dis soos om te probeer pis in ‘n Suid-Ooster in. En as jy nou weer klaar jou Ingelse inskrywing gelees het…..gaan kyk na een van jou vorige plasings van ‘n Anonieme skrywer, wat jy nogal geprys het met ‘n ”Mooi nê?”, getiteld – Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

Applous…..Sy Byt!

23 Sep

Uiteindelik! Liefie gaan SO trots wees op my……

STAANDE APPLOUS! En dit vir Mamodupi Mohlala… die hoof van die National Consumer Commission.

Die NCC is daargestel om die verbruiker deer middel van die Verbruikerswet te beskerm. As iemand jou indoen en nie wil regmaak nie – dan is Mohlala se deur die een waar jy moet gaan aanklop. Die kommissie het begin werk op 1 April 2011, en ek het my bedenkinge gehad oor hoe effektief dit gaan wees (I mean, who can blame me?)

Maar ek is telke kere al in die afgelope 5 tot 6 maande aangenaam verras. Die kommissie het in die afgelope paar maande al links en regs die industrie begin vasvat….met almal van BMW tot die Jozi munisipaliteit wat al deurgeloop het.

WEL GEDAAN! Ek hoop die NCC gaan van krag tot krag!

Hierdie tannie is nie van plan om net te blaf en haar tanne te wys nie, sy is meer as bereid om te byt ook!

Rasta sê….oor karretjies

21 Sep

Rasta sê dat SANTACO dalk eers moet fokus om mooi met hulle karretjies te speel, voordat hulle begin om met vliegtuigies, bootjies en treintjies te speel.

As jy jou fokus verskuif vanaf iets wat nog nie ordenklik werk nie, is jy besig om ‘n lat vir jou eie gat te pluk. Maak eers reg wat stukkend is, voor jy jou aandag na nuwe horisonne verskuif – en dit geld nie net vir SANTACO nie.

Jy moet loop voor jy kan hardloop, anders gaan jy permanent met stukkende kniekoppe sit.

1Blou + 1Groen < 3Smiles

19 Sep

Die Bokke het gewen (standing ovation)
Die Bulle het gewen (doen bollemakiesie…uiteindelik)

MAAR

Dis nietig en niksseggend in vergelyking met daardie eerste drie smiles van my girls af elke oggend.

Dankie…party dae beteken dit meer as wat julle ooit kan besef.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers