Archive | 7:39 vm

Dis OK om te steel…..

7 Sep

…as jy arm en honger is.

WDF? En dan wonder die Prezzie en sy kamerade hoekom niemand vir hom respek het nie. Volgende keer moet iemand hom dalk met die leë Whiskey bottel oor die kop moer, eerder as om kosbare Whiskey oor hom uit te mors.

Daar is baie arm mense in hierdie land wat honger is en nie werk het nie, wat NIE steel nie. Jinne ek raak bemoerd as julle sulke kak kwytraak.

Dit is eerstens en grootliks die regering se verantwoordelikheid om seker te maak al die mense in Suid-Afrika het basiese geriewe en kos. Niemand anders sin nie. Dit is ook die regering se werk om ‘n ekonomiese milieu te skep wat belegging en oorseese maatskappye lok. Op die oomblik trek maatskppye eerder uit die land uit, want insetkoste is onbekostigbaar. Praatjies oor nasionalisering lok ook nie juis investering nie. Tenderpreneurskap moet uitgeroei word. Kadres word ryk uit tenders, en skep nie volhoubare, ekonomiese gesonde maatskappye nie. Eintlik word bittermin van die tenderdienste verskaf. Tenders moet aan gevestigde maatskappye gaan wat die werk kan hanteer, en meer mense volhoubare werk kan verskaf.

Mens lei met voorbeeld. As die regering nie pogings aanwend nie, kan hulle nie verwag dat besigheid in Suid-Afrika dit moet doen nie. Mens kan nie altyd van iemand anders verwag om reg te maak waar jy tekort skiet nie.

En nee…dit is nie OK om te steel omdat jy arm is nie…net ‘n Poephol sal sulke ondeurdenkte stront kwytraak. Respek word verdien Mnr Zuma, en ongelukkig gaan dit nie in jou leeftyd gebeur nie. Net hierdie week het jy die ANCYL oor die vingers getik oor hulle optrede voor Luthuli huis (wat maar net ‘n navolging van jou volgers se Polokwane optrede was), en nou vertel jy dat dit verstaan kan word dat arm mense steel.

Die Chief moet begin om sy woorde te tel, want die Indians dink nie vir hulleself nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers