Rasta sê….oor karretjies

21 Sep

Rasta sê dat SANTACO dalk eers moet fokus om mooi met hulle karretjies te speel, voordat hulle begin om met vliegtuigies, bootjies en treintjies te speel.

As jy jou fokus verskuif vanaf iets wat nog nie ordenklik werk nie, is jy besig om ‘n lat vir jou eie gat te pluk. Maak eers reg wat stukkend is, voor jy jou aandag na nuwe horisonne verskuif – en dit geld nie net vir SANTACO nie.

Jy moet loop voor jy kan hardloop, anders gaan jy permanent met stukkende kniekoppe sit.

Tags: , ,

8 Responses to “Rasta sê….oor karretjies”

  1. Xena Phoenix September 21, 2011 at 8:27 vm #

    Hierdie Taxi Vliegtuig storie is vir my baie vermaaklik. Ek wonder of die gemiddelde pendelaar dit sal kan bekostig. En of die die gewone reiser wat vlieg welkom op die vlugte sal wees. Of hulle dit daarop sal waag.

  2. Xena Phoenix September 21, 2011 at 8:28 vm #

    Ek kan natuurlik nie help om aan PJ se storie oor ‘n vlug op ‘n Taxi Vliegtuig te dink nie. :lol:

  3. turksvy September 21, 2011 at 10:09 vm #

    Wel, ek hoop dit werk, maar hulle kry my nie op een van daai aeries nie. :shock:

  4. Son September 21, 2011 at 4:45 nm #

    Is daar nie een of ander lugvaartvereistes van veiligheid waaraan hulle sal moet voldoen nie? Of gaan dit wees soos padwaardigheidsertifikate? :shock:

    • demoerin September 22, 2011 at 11:04 vm #

      Wel, vliegtuie word seker gelease en deur daai company onderhou – gelukkig nie SANTACO nie. Maar mens weet ook nie of kortpaaie gevat word nie.

  5. Charms September 22, 2011 at 3:00 nm #

    Ek vlieg liewer in my hel in voor ek dit op hulle vliegtuie waag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers