Archive | 2:34 nm

Daai Brief!

27 Sep

Die internet en radiostasies is almal in rep en roer oor daai brief… Adriaan Basson se opebrief aan Kallie Kriel.

Dit het my aan een ding laat dink….daai slagoffer mentalitiet.

Ons Anglo-Boereoorlog voorouers draai vandag in hul grafte om. Hulle het met niks uit daai oorlog uitgestap, en met ‘n EK KAN houding, aan die Ingelse bewys dat maak nie saak wat nie, ons sal nie gaan lê nie. Hulle het nie in ‘n hoekie in hul afgebrande plaashuise in sak en as gaan sit en kla en ween oor hoe sleg hul omstandighede is nie.

Ek wens meer Afrikaanse mense wil dit vandag vertoon.

Verder word daar alewig gekla oor die voortbestaan van Afrikaans. Oor hoe die regering daarop uit is om Afrikaans te laat uitsterf en dit onderdruk word. Kak man. Liewe mense, solank as wat dit geskryf, gelees, gepraat, gesing ens. word gaan Afrikaans nie verdwyn nie. Die ander ding wat toevallig toe nou my aandag trek, was ‘n link vanaf Vreesloos Afrikaans na Steve se blog toe. Liewe Meneer Hofmeyr, moenie kerm en kla oor Afrikaans se voortbestaan as jy dit self in Engels doen nie. Dis soos om te probeer pis in ‘n Suid-Ooster in. En as jy nou weer klaar jou Ingelse inskrywing gelees het…..gaan kyk na een van jou vorige plasings van ‘n Anonieme skrywer, wat jy nogal geprys het met ‘n ”Mooi nê?”, getiteld – Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers