Archive | Oktober, 2011

Al hoe meer ligte kante…..

28 Oct

So die ANCYL het dit gemaak tot in Pretoria. Nou wat presies bereik is met die 2 dae te voet gaan my verstand te bowe, maar dis dalk maar net ek, ek hou van dinge doen – nie droom van pie in the sky nie.

Kyk, daar kom soveel ligte kante aan die saak by dat die Long Walk to Economic Freedom al ampertjies soos ‘n princess-cut diamant skitter.

Kom ons begin by die JSE. Ek dink Julius en sy cadres kort ‘n les in ekonomie. Of iemand wat iets weet van die JSE om te keer dat hulle soos poepholle lyk. Maar dis te laat, Julius het klaar sy naam gat gemaak. Hulle het definitief geen idee wat die JSE is nie. Hulle het geen idee wat genoteerde maatskappye, aandele en die besit van ‘n genoteerde maatskappy behels nie. Dit is baie duidelik uit een van die punte op hul griefskrif te sien – Die ANCYL eis dat die JSE dadelik moet begin rykdom verdeel….rykdom wat hulle fokken waar kry vra ek jou met trane in my blou ogies?

Nou ja, dis baie edel van al hierdie dapper-stappers om al daai kilometers af te lê, sonder enige doel of positiewe uitkoms (behalwe miskien dat party van hulle ‘n kilogram om 2 afgeskud het – want hel weet, die meeste van hulle lyk nie of hul ekonomiese vryheid nodig het nie). Suid-Afrika kan nie in ‘n bubble oorleef nie. Daar is geen manier wat die land op sy eie genoegsaam kan groei om werkloosheid te bekamp nie. GEEN MANIER NIE. Ons benodig oorseese investering, en ek kan jou verseker, dat as ek ‘n Amerikaner met ‘n paar orige dollars was, het ek dit nie in ‘n land ingebring waar personeelkoste en elektrisiteit onbekostigbaar is nie, waar my personeel een keer ‘n jaar produksie gaan stopsit om in die strate te dans nie en sonder om eers te noem van die nasionalisering en grondherverdeling praatjies.

Julius, in sy ekonomiese agtergeblewe toestand, het dit natuurlik ‘n bietjie moeilik gevind om die volle pad te stap. Toe dit uitgewys word het sy ondersteuners natuurlik na die eerste grashalm gegryp en vuis in die lug uitgeroep dat dit bog is! Sulke waarhede is ‘n kapitalistiese sameswering om JuJu sleg (dalk ook vet en lui) te laat lyk in die oë van die ander comradethon stappers! Natuurlik het hy die hele ent saam met hulle gestap! (ek wonder of die meeste van hulle hom al in lewende lywe gesien het?). Ongelukkig het Julius hierdie stukkie van die nag se gebeure gemis (seker toe hy op ‘n sagte bed in ‘n hotel oornag het?), en toe hy met dagbreek sy ondersteuners se lof besing het oor hul deursettingsvermoë en stapetiek, het hy ook onverskoning gevra dat hy nie die die hele pad saam met hulle kon stap nie…. TJOP DELUXE.

Op daai ligte noot wens ek julle toe….(sjoe dit was lanklaas gedoen)…’n naweek gevul van hoek tot kant met die mees ongelooflike, sluwe, onderwater gutterseks denkbaar! (want daar is beter dinge te doen as om vir Malema te lag!)

Rasta sê…oor blink juju

27 Oct

Rasta sê dat as daar niks is wat jy aan ‘n saak kan verander nie, soos die ANCYL se optog vandag, kan jy altyd probeer om die ligte kant in die saak raak te sien….

Soos om die:

in jou geestesoog voor te stel….op ‘n 16 km optog te voet…in 30 grade temperature…met voorspelde donderstorms.

Moeder Natuur het definitief ‘n sin vir humor.

Kinders van Afrika…Desmond se Oumagrootjie

25 Oct

Desmond se Oumagrootjie, by name Amelia, was ‘n vrou van formaat. ‘n Matriarg wat geen nonsens van haar man of kinders gevat het nie. Desmond beskryf haar as ‘n “tough old cookie”. Sy is gebore Amelia Adkins op 23 Maart 1865 op King Williams Town in die Oos-Kaap. Amelia is later getroud met Herbert Saddleton Ball, ‘n superintendent op die spoorweë, en met sy aftrede het hul Vishoek toe getrek, waar Amelia besluit het om in haar Ma, Sarah, se voetspore te volg, en Atkins Chutney op tuisnywerheid skaal te vervaardig….maar soos dit ‘n vrou van haar statuur betaam, sal dit Mrs. H.S Balls Chutney heet…. ‘n legende is gebore. Nes Ouma Greyvenstein, was daar regtig ‘n Mrs. H.S. Ball.

(meer…)

When I am down….

20 Oct

Josh Groban kom Suid-Afrika toe, en alhoewel ek nie so ver sal ry om na hom te gaan luister nie, glo ek wel dat hierdie jongman verantwoordelik is vir een van die mees inspirerende songs van alle tye…. You Raise Me Up. Daar is bitter min beter medisyne vir ‘n swaar gemoed. Dit is ‘n eenvoudige song, met min woorde, met eenvoudige woorde, maar woorde wat tref. When I am down…..

Daar is baie mense in ons lewens, wat baie vir ons beteken. Elke dag. Wanneer laas het jy dankie gesê?

Op ‘n ligter noot….die mense verantwoordelik vir Josh se webwerf moet dalk uitvind waar Sun City is….vroeër die week was die Google map ‘n informele nedersetting in die Oos-Kaap, ek sien vandag is ons in Amerika….

Applous….Parkeraad

18 Oct

Staande applous vir Johannesurg City Parks.

Ek het Saterdag op die ingewing van die oomblik besluit om by die Johannesburg Botaniese Tuin in Emmarentia te stop. Ek onthou van ‘n paar jaar terug dat daar ‘n enorme roostuin is, en Oktober is mos maar net die mooiste, mooiste maand sovêr dit rose aangaan.

Mens weet mos maar nooit wat om te verwag nie, veral aangesien daar nie ‘n ingangsfooi is nie. Met die inloopslap was ek heuglik verras. Die tuine is in ‘n perfekte toestand. Daar is groot stukke grasgroen gras tussen die groot bome. Die fonteine in die roostuin (waar daar blykbaar 10,000 roosbome is), is almal in werkende toestand. Daar is nie ‘n stukkie papier of leë blikkie wat rondlê nie.

En die rose is in volle blom!

Daar was oral ouers en kinders op fietse. Families wat stap met babas in stootwaentjies. Kinders op hulle scooters. Daar was oral groepies op piekniekkomberse en kampstoele in die groot groen bome se skadu. Dit is mos nou somer!

Ongelukkig het ek nie die kamera se batterye nagegaan voor ons by die huis weg is nie….maar dis mos dan net ‘n goeie verskoning om terug te gaan.

Somer is mos vir buite wees, en wat ‘n genot as daar so ‘n oase in die middel van Jozi is, om die buitelug in te kan geniet!

PS. Ek kon darem ‘n foto of drie van die prinsessies neem voor die batterye gedooi het….

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers